Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vakansie-pa

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 16 Maart 2017 Aantal woorde: 98 93 Kere gelees 1

Pa, jy is deel van die see se soekende suis
van die vuur-punt wat deur die hemel breek
deur donkerblou wolke steek
op ‘n spieëlgladde see
golwe wat teen ruwe rotse druis
die diepsee se diepste blou
die seemeeue se geskree
Pa, dit alles laat my dink aan jou
hier waar ek staan roep die seewind jou naam
hier was ons saam
hier het ons geloop hand-aan-hand
of het ek my verbeel
dit is al wat ek van jou onthou
my droom-pa
die res van die tyd
was jy net kamma
want jy was net vakansies daar




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Amaspoke

      Amaspoke

      Maart 16, 2017

      Baie diep skrywe. Net soos jy hier beskrywe het ek ook een van daardie pa’s gehad wat jou pa was maar ook ‘n vreemdeling vir jou.

      • profiel foto van Elroux

        Elroux

        Maart 16, 2017

        Baie dankie vir jou lees en kommentaar. Ja, dit is so hartseer dat so baie kinders met ‘n afwesige pa moet saamleef.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 69

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 14 gaste aanlyn