Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Vader en jou lewenslesse

Deur Timothy Timmie De Vos Botha
Datum gepubliseer: 16 Julie 2017 Aantal woorde: 189 25 Kere gelees 2

Partykeer mag dit wat met jou gebeur dalk onregverdig voel,
maar later dan besef jy dit is ‘n les in die lewe wat jy moes leer.
Dit gebeur nie sommer nie net vir die pret daarvan nie,
elke ding wat met jou in die lewe gebeur,
is daar ‘n belangrike lewensles om te leer.
Ja jy mag dalk nie daarvan hou,
maar dit is iets wat net moes gebeur het,
Hy sal jou nie deur iets laat gaan wat jy nie kan aanvat nie,
Vader is dan ongelooflik lief vir jou.

Soms mag jy dit dalk bevraagteken,
maar dan moet jy elke keer onthou,
Hy gee jou die krag
om elke liewe dingetjie,
elke liewe les in jou lewe te kan vermag,
sien dit nie as ‘n las nie, maar eerder as ‘n seëning.

Mag jy dan na al die gesukkel,
na al die eensaamheid,
ware liefde en oneindige gelukkigheid vind,
dit sal goed gaan met jou want vir die lesse was jy nie blind,
maak nie saak wat gebeur nie,
wees altyd vir die lewenslesse in jou lewe bereid.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Timothy Timmie De Vos Botha

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 117
    Kommentaar telling: 46

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 17 gaste aanlyn