Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tyding

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 26 Maart 2017 Aantal woorde: 86 262 Kere gelees 2

minute, ure tik verby
my oë kyk na bo
terwyl tyd deur die uurglas gly
in ‘n wit hospitaalgang
waar hoop en wanhoop wipplank ry
om my is soveel lyding
ek moet bly glo
bly wag op goeie tyding
in my hart weerklink ‘n lied
God se boodskap
in my wese gegiet
ek weet ek moet die Here bly loof
al sou die vyebome nie bot
die wingerde verdroog
die olyfoes misluk
al word ek van kleinvee en skaap geroof
nogtans…
sal ek die Here loof




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 143
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 96 gaste aanlyn

    Bydrae Totale