Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tyd gemeet teen ewigheid

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 11 April 2017 Aantal woorde: 85 106 Kere gelees 1

een sekonde gemeet teen die tik van tyd
een klik van die metronoom van ewigheid
een enkele noot in jou lewens simfonie
een korrel sand deur die uurglas se vloei
dit was al…
toe jy op die teerpad val
het die seepbel van jou lag gebreek
splinters in jou vasgesteek
jy sal nooit weer jy kan wees
nie in liggaam nie in gees
soos water het jy deur die uurglas gegly
in jou plek het ‘n vreemdeling kom bly
my vasgevang
in tyd se bang




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Palet

      Palet

      April 11, 2017

      Mooi geskryf

      • profiel foto van Elroux

        Elroux

        Mei 5, 2017

        Baie dankie Palet jammer ek kom nou eers terug na jou maar ek was bietjie uit aksie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 28 gaste aanlyn