Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Tweespoorpad

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 9 April 2017 Aantal woorde: 68 109 Kere gelees 3

Tweespoorpad

So leweloos leeg en stil die nag
as ek allenig in die lakens krul
en brandend na ‘saam jou wees’ smag.

Moedswillig is die digte middelman
van die nimmereindigende tweespoorpad –
hy hou my weg van jou asof verban!

Ek wonder of die noodlot een eksepsionele keer
vir my en jou in dieselfde spoor kan gooi
en ek en jy tot óns kan interkaleer.

© – Barbara Smit – 8/4/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      April 10, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April se ope afdeling projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 81
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    4 Lede, 68 gaste aanlyn