Jongste aktiwiteit:

Trou is nie perdekoop nie!

Dit is die ou bobbejaan
met die veldskoene aan
wat sy wyfie vandag
agter die bult loop haal

Met die kar voor die pêre
en ʼn stofstreep oor die berge
kom hy van vér
oor die wapad aan.

Dit reën vandag
maar die son skyn flou
Jakkels trou vanaand
met wolf se vrou.

Met sy oë na die maan
lag hy met ʼn traan –
want trou is mos cheap,
soos perde koop.

Met die wind van voor
en die duiwel op sy stert,
kyk hy in die bek
van ʼn gegewe perd…

dis die kind in haar maag
wat die kat verjaag –
wat agter die kraalmuur
in die donker wag.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed