Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: TIKMASJIEN IN MY KOP

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2017 Aantal woorde: 66 28 Kere gelees 2

TIKMASJIEN IN MY KOP

klitter klatter string die woorde
malle maalkolk deur my kop
letters flits tikker tik zirts
en klank karjakker soos ‘n wilde bok
dan word my gedagtes ry vir ry
in sinne en paragrawe ingeprop
netjies georden, anders as in my hart

maar

my emosies hou ek liewer ingehok
want praat ek te veel
word die hele wêreld dalk stomgeskok

© Barbara Smit – 7/8/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Vonnie

      Vonnie

      Augustus 8, 2017

      Barbara, so op die kop getik! Ek hou baie hiervan.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 55 gaste aanlyn