Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: TEENOORGESTELDES SAAMBRING

Deur Toom
Datum gepubliseer: 4 Julie 2017 Aantal woorde: 2365 56 Kere gelees 3

Teenoorgesteldes saambring

[Wat hier volg, het ek opgestel om ‘n tweegesprek tussen ‘n gelowige ateïs en ‘n oortuigde Christen in gang te set; dis ‘n verwerking in Afrikaans van die gedagtes wat ek jare gelede eers duits neergeskryf het. tje]

Beste vriend en kollega,

tussen ons twee lê klaarblyklik ‘n kloof insover ek alte seer vasgevang sou wees in soiets soos „geestige verdroomtheid en anderwêreldse dinge” en jy „te stoer in ‘n gedwonge natuurwetenskaplike denkwyse” sou volhou, altwee verskyn „vooringenome”. Kom ons probeer ‘n gemeenskaplike basis soek om ‘n gesprek – hopelik ‘n vrugbare – te voer wat vorentoe gaan lei. Ek vang êrens aan, daar waar ek meen die grootste verskil tussen ons kan lê, by die

RELIGIE en GODSBEGRIP

wat nie beteken dat iemand op sy knieë die duur sondagsmode moet deurslyp nie. Dit is nie slegs plegtige ritueel of (vervelige?) seremonie ver van ‘n ieder realiteit af nie. In die uitvoering daarvan kan inderdaad ‘n aandagsvolle houding en bepaalde gevormde handelinge of verhoudingswyse by gegewe tye (bv gedurende die liturgie) gevra word. Maar die religie is ook daarby wanneer die oombliklike lewensomstande ‘n heeltemal anderse houding voorskryf. By voorbeeld by tye van rou of vreugde, van uitgelatenheid of van diepste innigheid. Konkreet beteken dit dat religie of religieusiteit alteenwoordig is – as iemand mediteer (bid, oorlê, peins, studeer, …), by die werk is, as hy speel of dans, as hy ‘n entjie gaan stap; ja, ook in die kleinhuisie.

Bantoekerkgemeenskappe verskil van mekaar onder meer daardeur, dat die ene gedurende die godsdiens tradisionele danse uitvoer, die andere nie. In verskeie dele van die wêreld stry kerkgenootskappe oor die betekenis van brood en wyn in die ritus. Ook in Islam dans die derwiesje; soeniete en sjiïete stry met mekaar. Dis nie dít wat religie uitmaak nie, maar is in ‘n mate die uitdruk van hoe verskillende groepe / „denominasies” sommige gedeeltes (of „onderafdelings”) van hulle geloof as meer of minder belangrik aansien.

Want religie en religieusiteit vind buite elke ritus, elke liturgie, elke seremonie plaas. Ritus, liturgie, seremonie is die uitdruk van die religie, nie die inhoud daarvan nie. Die inhoud van die religie is dit wat ‘n mens ontneem of kan ontneem uit hoe hy die omgewing – die gedurend ontwikkelende wêreld om hom – ervaar of ondervind. Religieusiteit is ‘n gesindheid, ‘n manier om aan die dinge van die wêreld aan te tree, en dit sluit onder meer ‘n houding van wonder asook ‘n maat aan nuuskierigheid in. Dit is ‘n innerlike beweging in die psige („siel”) van ‘n mens en dit verryk sy „gees” (ongeveer: Sy mentaliteit, sy manier om te dink, sy opnamevermoë, dit wat hom innerlik aanspoor, . . ). Religieusiteit kan nie met dogmatisme onder een hoed gebring word nie, ook dan nie as fundamentaliste of dwepers aanskynend versoek om die teendeel te bewys nie: Dit maak die gemoed en die intellek vry, en laat ‘n selfstandige optrede van die enkeling toe, eerder as dat dit hom vasketting.

Ek beweer dat ‘n „ateïstiese” natuurwetenskaplike religieusiteit aan die dag lê – miskien onbewus, al verloën hy dit duisendmaal – wanneer hy met alle intensiteit sy navorsingsopgawe uitvoer.

GEES

Was is dit? Gees? Dit klink so afwysend, so hoogdrawend! Voorlopig is gees – want daar is baie wat oor gees, geeste en geestigheid gesê kan word – die spel van kragte. Dit is die krag wat byvoorbeeld ‘n hefboom in beweging kan bring, gees is die impuls wat die „oerknal” veroorsaak het, dit is die prinsiep wat die „oernewel” aanvanklik omgeroer het, wat die bestanddele vir die resep van die „oersop” saamgestel het.

Dit of hulle (krag/impuls/prinsiep) is in alle veranderinge te vind, wat in beweeglose fisies-chemiese materië plaasvind, of die veranderinge fisies-beweeglik of -vasstaande of chemies-bindend of -oplossend is. Of eerder: dit/hulle is reëlreg daarvoor verantwoordelik. So is dit/hulle by die plante die dryfkrag agter alles wat groei en voortplant, by dierleben, daartoe vir alle instinktiewe roeringe van die siel, by die mens, boonop vir alle persoonlik-mentale, dit wil sê gedanklike, beheersde, maar ook gemoeds-dade en -handelinge verantwoordelik. „Die gees” wat in die enkele dinge is („wat in die dinge leef”, sê die digter) kan ondermeer aangesien word as ‘n skaar onder- en oorgeordnete prikkels (stimulante, impulse) wat die natuur tot stand gebring het en verder in stand hou. In elke chemies-fisies-biologiese-etcetera wet sit die „prikkel-geeste” en „bestuur” of dryf vooraan. Net soos daar verskillende kragte/impulse/prinsiepe bestaan – en ook kategorië onder die kragte/impulse/prinsiepe – so bestaan ‘n hiërargie van verskillende „geeste” of geestige wesenhede.

So gesien is die werk van die navorsende natuurwetenskaplike ‘n gedurige, ‘n voortdurende ontdekseling of oopvlekking van geestige samehange en aktiwiteit. Hy „hanteer” aldus met die geeste. Dit geld vir navorsers in fisiek, chemie, botaniek, soölogie, psigologie, ens (met alle deeldissipline wat daartoe behoort) en ook vir matematikusse en meganiekers. Almal hanteer met die rein, suiwer geestige stof.

Oor die aanvanklike, „simpele” grondstellinge uit die eerste studiejaar, geld dit vir alle wetmatighede tot in die ingewikkeldste reëls van die astrofisiek, die mikrobiologie, die gen– „tegnologie”, … en al hoe verder en al hoe dieper. Want die fisiese, chemiese en ander natuurwetenskaplike kragte, impulse en prinsiepe, wat in die wetmatighede saamgevat is, is sigbare, speurbare, is opneembare of begrypbare uitdruk van dít wat ons in ‘n nie-wetenskapstaal „gees” kan noem: „Geeste” of „geestige wesenhede” wat in die natuur werksaam is.

In die taal van al die verskillende religie-gemeenskappe noem ons dit

GOD

of die gode, engel – en ook demone – ook híér met hiërargiese struktuur.

Wanneer die fisikus dus die spel van gewigte in ‘n hefboom se kragte waarneem en meet, dan neem hy die verskyningsvorms van geestige veroorsaker-wesenhede waar, hy meet en kalkuleer die uitwerkinge van sodanige wesenhede. Die chemikus, wat aktuelle of potensiële reaksies waarneem, meet en kalkuleer, hanteer op dieselfde manier met die verskyningsvorms van die gode, van God. En so is dit ook met ander wetenskaplikes.

Uit bostaande hoor ons dat ‘n fenomeen in verskillende dissipline (dit wil sê, uit verskillende hoeke beskou) juis verskillend beleef, beskryf en benoem kan word – en word: Of hy van die almagtige Skeppergod praat, sy van die primêre veroorsakerprinsiep of ek van die werking van bepaalde geestige oerwesenhede, praat ons op die ou end aldrie oor dieselfde tema; ons probeer om die één fenomeen te omskryf, te beskryf, te karaktiseer – in ons eie oombliklike vaktaal of -jargon.

Nou sê jy, jy kon dierie en darie religieuse begrip nie aanneem, ewe nie daaraan

GLO

nie, omdat die begrip nie verifiseerbaar sou wees nie (wel met normale, empiries-natuurwetenskaplike waarnemingsmetodes). Dit gaan ja, werklik nie om „geloof” nie, maar, soos jy te reg verlang, om kennis, om verifiseerbare wete! Een moontlike rede is dat jy nie oor die noodwendige meettegnieke en -apparate beskik het nie, toe jy empiries aan die werk gegaan het. Die andere kan wees dat die ioniese empirie nie die enigste moontlikheid aanbied om wetenskaplike „bewys” te lewer nie.

n Kollega het eenkeer verklaar dat die geesteswetenskaplike begrippe nie bewys is nie: Wie kon aan ‘n „liglyf” of astraallyf glo? Daar sou niks konkreet wees, om die hand op te lê nie. Die lig: Ja, dit staan onder bewys dat lig in verskillende golwe met onderskeidelike lengte „opbreek”, hy verdeel hom aldus navolsienbaar, meetbaar. Daarop het ek aangebied om haar ‘n astraallyf op ‘n tablet te bring, as sy my ‘n bondeltjie liggolwe bring. Sy het hoogs verontwaardig die konferensie verlaat. Was dit stout van my? Hoeveel dinge glo ons omdat dit „onder bewys staan”, omdat iemand dit sou bewys het? By voorbeeld, dat die aarde rond is? Van díé mense met wie ék daaroor gepraat het, het minder as een uit tien ook net één van die bekende metodes uit die aardrykskunde, sesde klas, self uitprobeer! Maar jy weet dat jy my, met presies waarneem en logies dink aan mý kant, die „bewys” van die golflengtes kan verduidelik. So kon ek jou ook onder dieselfde voorwaardes die „bewys” vir die „astraallyf” bybring, maar voor alles andere met ‘n goeie wil van jóú kant. Sien jy, as ons nie oor die hindernis van hoon en leedvermaak kan kom nie, sal ons nooit ons sélf oopmaak en daardie geestige waarheid in ons opneem, wat die meganistiese aanvul en verryk nie . . . en dit ‘n sin gee.

Wat is dan die verskil tussen religie en

GEESTESWETENSKAP?

My religie – eerder: my religieusiteit – sê my dat die wonders van die wêreld, die veelvoudige, my (en jou en haar en hom) vir ons vreugde en om ons op te bou voor ons voete uitgebrei is, dat ‘n skeppende wesensgrond (in kort: God) dit alles moontlik gemaak het en moontlik maak, weliswaar veel mooier as wat ek dit ooit kon gedoen het.

Tydens my strewe om agter die hoe-en-hoekom te kom, bemoeite ek eerstens die natuurwetenskap(-pe) en die psigologie, en daarna die geesteswetenskap. So het ek ‘n stukkie verder vooraangekom as wat my die meganies-fisies-chemiese skema (wat ons aan die aanvang van die een-en-twintigste eeu opgedwing word) toegelaat het; en so het dit moontlik geword dat ek my dagbewussyn ‘n bietjie breër kon uitbrei – in die raamwerk van my eie vermoëns en moontlikhede. Op watter aard of manier en in hoe ver ek ooit met die geestige krag van my intuïsie en inspirasie kan omgaan, kan ek nie maklik sê nie. Elkeen het sy grense.

Ons kan graag oor die betekenis van hierdie begrippe gesels.

Nou wil ek ‘n ander manier om die wêreld te sien aan die sy van die ioniese empirie-denkwyse stel en oefen: Die fenomenologiese. Dit beteken: hele, ongebroke fenomene of verskynsels aankyk, in stede van mikroskopiese deeltjies. Beide maniere om dinge aan te sien (en ondersoek) is baie presies, en ons oefen altwee in ons daaglikse lewe om die beurt uit, sonder om groot daaroor na te dink. Dis net dat ‘n wetenskap wat op die éne opgebou is, anders lyk as ‘n wetenskap wat die ándere as fondament het. Ook daaroor kan ons graag gesels.

Uit die aard van my uiteensetting sien jy dat ek die „ateïstiese” natuur­wetenskaplike navorser ‘n egte religieusiteit toestaan, omdat hy nie glo of meen nie, maar wéét wat hy ondersoek het. So staan ek die geestes­wetenskaplike navorser – in die sin van ‘n navorser in die geheime (aldus okkulte of geestige) aspekte van die wêreld – ewe sulke wete, sulke kennis en erkenntnisse toe. Want

die „LEERPAD”,

                                                                      is presies so streng soos die studie wat in die rigting van natuurwetenskaplike navorsingssukses kan lei: Om die geestige te wil studeer, is dit noodwendig dat hy of sy wat dit doen, met altwee bene vas op die aarde staan – hulle moet „ge-aard” wees: Die dagbewussyn, waardeur jy die materiele dinge van die natuur sien en erken, is daar; geen spiritistiese „losvlieg”, geen wegdroom word hulle vergun nie. Self gun hulle hulle dit nie. Om die geestige te wil studeer, word ander metodes en gereedskap benodig, en oë wat oor die rand van die papbord kyk maar die ertjies nog altyd raaksien. Die resultaat staan presies so duidelik, aangrypbaar – vir diegene wat bereid is om dit aan te pak …

En die verskil

tussen NATUURWETENSKAP en GEESTESWETENSKAP?

Dat milieu (die wêreld om my, die omwêreld) en erwe (die genetiese nalatenskap) my gevorm het en daaraan gewerk het, tot ek so is soos ek is, aanvaar ek – maar nie net my omwêreld en erfgoed het daaraan deelgeneem nie! Want: Is ek werklik slegs die genetiese toevalsproduk van twee chromosoomdraers, wat slegs die toevalsproduk van twee chromosoomdraers was, ens … (tot in die newel van die verlede terug) in verbinding met ‘n toevallige lappie uit die geografie? Werklik? Is ek niks meer as ‘n taamlik funksionele verbrandingsmasjien? Waaragtig niks meer as ‘n paar emmers wasser waarin nie mal honderd dollar se chemikalië ingeroer is nie?

Ook ek stam uit ‘n „moderne” agtergrond, ook ek het myself gesien as verligte tydgenoot, as twintigste-eeu-mens met ‘n koel kop en helder blik in die oë. En sien ek my nog altyd – bygevoeg dat ek deur middel van die geesteswetenskap en my eie navorsings (as dit vir iemand anders nóg so klein en onbeduidend wil voorkom) ‘n klein bietjietjie oor die rand van die bekende papbord gekyk het. Of so verbeel ek my. Daar agter die bord op geestige gebied het ek ‘n aanduiding gekry dat die mens (aldus, ek) buitendien iets eies het, iets wat hy

SAAMGEBRING

het. En uit hierdie drie komponente is ek saamgevoeg: Omwêreld (milieu), erfsubstansie (genetiek) en dit wat ek saamgebring het – my „eie ek”. Want: Wíé dryf die verbrandingsmasjien daartoe dat hy so ‘n lang, ernstige brief aan jou skryf? Sekerlik geen toevalsproduk nie, maar ek! En wie lees hom? Ook geen toevallige masjienaandrywer nie, maar jy, jou eie ek. (Dit wil sê, ás jy dit so lang uitgehou het. En as dit nie die geval is nie, skeur dit op, ewe jou ek.)

Nou is dit nie die doel van hierdie brief om jou te oortuig nie: In die groot geselskap „daarbuite” koöpereer die verskillendste groepe en groeperinge op verskeie gebiede, oor die partye heen, ekumenies en so voort. In ons beroep wat ons dwing om op engste paaie saam te stap – nie net met mekaar nie, maar veral met ons „gestremde” aanvertroutes – moet dit moontlik wees dat ons anders met mekaar omgaan as twee styfbenige honde wat knorrend om ‘n sopbeen rondsluip.

In hierdie oomblik wens ek ons beide dat ons die vermoeë en die goeie wil het om die andere te neem soos hy is, sy standpunt te respekteer, en om daarvan uit te gaan dat hy nie „slegs iets boos” in sy hempsmou het nie. Of positiewer uitgedruk: ‘n Egte teensydige aanvullende saamwerk tussen die verteenwoordigers van die twee denkrigtings soos ek dit geskilder het, sou vir my in hierdie oomblik die mooiste en vrugbaarste wees wat ek in ons samehang kan voorstel.

Kom ons bring die kar in gang: Skryf jy my nou jóú aansigte. Besonders as jy meen dat ek jou nie reg verstaan nie, of jou verkeerd aangehaal het.

Met hartlike groete vanToom

©4e.Julie2017_________…ooÖoo…______________(2911)tje

 

 

 

 

 




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      Julie 5, 2017

      As n mens nie teen die letter vaslees nie is staaf die wetenskap wat die Bybel skryf. Volgens die wetenskap is die aarde miljoene jare oud en is die aarde wat ons ken oor miljoene jare gevorm. Volgens die Bybel in ses dae gemaak maar tog moet mens in gedagte hou dat Moses nie die kennis gehad het toe hy oor die skepping geskryf het nie. Hy moes dit dus binne die denkvermoë van die mens van daardie tyd bring

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 149
    Kommentaar telling: 148

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 101 gaste aanlyn

    Bydrae Totale