Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Te Besig?

Deur Amaspoke
Datum gepubliseer: 24 Augustus 2017 Aantal woorde: 91 186 Kere gelees 13

Vlugtig is die tyd van die wesens,
tydloos die prys vir hulle lewens;
klein is die wêreld en kort die besoek,
groot is die heelal en lank die gesoek.

Souterige soene, waardige woorde,
te laat om te eer met valse woorde;
gister het gegaan, vandag het gekom,
more sal hulle weer bymekaar uitkom.

Tot die dag kom, vergeet oorneem,
om hulle van mekaar te vervreem;
gedagtes en foto’s van vergane dae,
dis wat oorgebly het vir die geheue.

29/07/2017 © C. du Plessis

Aan Tony Basson wat (10-08-1968 – 28-07-2017)




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Barbara

      Barbara

      Augustus 28, 2017

      die woorde vou so om my vandag – so magtelose hunkering om net nog so bietjie van jou geliefdes te mag kry…maar jy weet jy kan nie

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Amaspoke

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 55
    Kommentaar telling: 127

    Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 13 gaste aanlyn

    Bydrae Totale