SY gal loop oor . . . ?
Hoor jy hulle kla in die nanag se koue
of huil as die sonstrale hulle ontwyk?
Kyk, gebonde met wanhoop se toue,
is dit na Hom, na wie hulle uitreik!
In die aangesig van dreigende gevaar,
blind saam gebondel in die stille nag;
weet hulle, Hy sal Hom by hulle skaar,
terwyl die duiwel hulle staan en uitlag.
* * * *
Hoor jy hulle kla oor die winter koue,
of huil as die sonstrale hulle ontwyk?
Kyk, gebonde met wanhoop se toue,
is dit na Hom, na wie hulle uitreik!
In die aangesig van dreigende gevaar,
blind saam gebondel in die stille nag;
weet hulle, Hy sal Hom by hulle skaar,
terwyl die duiwel hulle staan en uitlag.
* * * *
Waar dan is jou geloof volk van hoop?
Jy het Hom verraai, geval in die stryd;
van jou eer en aansien is jy gestroop,
want voorspoed en sonde is jou beleid.
Van jou, het HY, SY aangesig gedraai,
jou weë is rigtingloos, ‘n diep afgrond;
alleen staan jy, as die haan kom kraai,
want jy het vergeet van jou verbond.
01/04/2017 © C. du Plessis
En hulle het aan my gal gegee
as my spyse (Ps. 69:22).
Hulle … het vir Hom asyn,
met gal gemeng,
gegee om te drink (Matt. 27:34).
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Casper wat n fees om weer iets van jou te lees