Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Suur mynwater

Deur Nelia Strydom
Datum gepubliseer: 21 Maart 2017 Aantal woorde: 79 151 Kere gelees Hou van

Begrawe diep in rotsformasie,
is ‘n kluis in aarde toegevou,
so kunstig van kristal en klip gebou
waar eggo’s klinkel in geheime spasie.

In daardie diepte leef ‘n meer.
Belowend blink die donkerblou;
luminessensie glimmer vrolik flou;
die raarste diertjies dans daar sonder kleur.

Maar vreemde druppels kom toe vrede dreig.
Deur water, suurstof en piriet
so wreed verteer, bebloed laat staan.

Gerieflik kan haar heersers salig swyg.
Verborge skade. Geen verdriet.
Die wonderwêreld het mos nooit bestaan.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Nelia Strydom

      Nelia Strydom

      Maart 21, 2017

      Foto verwysing: All that is Interesting (2016), Reed flute cave lake, China, foto, besigtig 16 Maart 2017, .

    2. profiel foto van Anze

      Anze

      Maart 21, 2017

      Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen!

      Kan jy asb net al die inligting wat SA Vryskutskrywer in die kompetisie reëls gevra het so gou as moontlik vir my per e-pos stuur by skryfafrikaans@ink.org.za

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Nelia Strydom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 4
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    5 Lede, 68 gaste aanlyn