Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Stukkie Bewondering

Deur Amazon
Datum gepubliseer: 31 Mei 2017 Aantal woorde: 108 25 Kere gelees 1

Silwer stroom die water hoog
van berge in aardse gronde

Skeppings uit wonderbare
Almagtige hande gevorm

Elke tak en blaar en boom
word gevoed uit hemelryk van bo

Klein en verskans word ek deel
van ‘n stukkie bewondering

in die natuurskoon van fyn druppels
sproei oor my liggaam gesprei

‘n Paadjie deur bome gekloof
na die oopte van ‘n dam gevorm

sien ek my weg oop met denke
aan n plekkie alleen saam met Hom

Waar my siel skuiling vind
word gedagtes en aanbidding

In stilte gevorm saam met my
Skeppings Heer in ootmoed aan Hom gewy

Blou skyn die wolke met Genade
voel ek Sy teenwoordigheid naby




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Amazon

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 28
    Kommentaar telling: 16

    Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 61 gaste aanlyn