Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Spoke van more

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 12 April 2017 Aantal woorde: 90 66 Kere gelees 1

ek en my skaduwee
tussen pad en muur gesmee
vasgekeer uur na uur
binne my brand ‘n vuur
fietswiele draai in my kop
om en om sonder stop
tol om en om
hoekom… hoekom
die kir-kir van die wiel
vreet draai-draai aan my siel
spoke van more bly my by
dansende skadu’s koggel my
jou kind sal nooit weer dieselfde wees
my more verstik in twyfel en vrees
hoop en wanhoop woed in my
laat my telkens gly
op pad na nêrens na niks
verdwaal en sonder gids




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 131
    Kommentaar telling: 68

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 21 gaste aanlyn