Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soos Ryp Druiwekorrels

Deur Janetta-Helena Boonzaaier
Datum gepubliseer: 26 Maart 2017 Aantal woorde: 105 88 Kere gelees 4

Soos Ryp Druiwekorrels

Soms, net soms,
druk die feesdae swaar op die gemoed
en vul dit met verlange en herinnerings
tot barstens toe vol en woorde ontbreek
tong en lippe stom van ingehoue emosie
dan wil jy saam met Queen sing
I want to break free
om uiting te gee aan jou gevoelens,
maar dan roer en trap jy maar
die letters en woorde deurmekaar
in jou brein se parskuip soos
ryp druiwekorrels en laat die
mos gis en gis
om gedagtes te orden en
soms, net soms,
vind jy gemoedsrus en verras
jy met woorde soos lieflike wyn
en geurige boeket …

Janetta – Helena [Babs] ©




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Maart 27, 2017

      Mooiste nostalgie

    2. profiel foto van Janetta-Helena Boonzaaier

      Janetta-Helena Boonzaaier

      Maart 27, 2017

      Baie dankie ElRoux, ek waardeer dit so baie!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Janetta-Helena Boonzaaier

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 337
    Kommentaar telling: 204

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 42 gaste aanlyn

    Bydrae Totale