Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soos goeie wyn

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 7 April 2017 Aantal woorde: 92 79 Kere gelees 3

ma, jy het ons kleintyd geleer
om soos jy goeie wyn te wees
nooit ons herkoms te ontken nie
ons sterk tradisie te bly eer

te weet ons is uit goeie stok voortgebring
onopgesmuk, pretensieloos
met karakter en integriteit
goed gebalanseerd te wees

vrug-hout-kombinasie goed geïntegreer
hout nie te hard en vrug nie te sag
tog ook die een wat vriendskap en vreugde gee
sterk bande van liefde smee

te veredel soos die jare aanstap
maar belangriker nog
goeie vrug te dra
en geënt te bly in die Ware Wynstok




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 67

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 102 gaste aanlyn