Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Sonstrale en ander skaarshulpbronne

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 29 Junie 2017 Aantal woorde: 110 28 Kere gelees 2

Ons bly opsoek
Na die mistieke
Ek wil deesdae
Meer en meer gereeld vlug
Tot waar die stofpad
Die sole van my
Verslonswordende
Skoene tegemoetkom
Met ritmiese genoegsaamheid
In die middagson
En my fyn motoriese
Spiergeheue my fokkol help
In die oorlewingstryd
Van die nou
Regsclick se moer
Sing die sonbesies
As die honger jou hier vang
Is dit tickets my broer
Die laaste selfoonsein
Het saam met die teerpaaie
En straatligte agterkant
Die horison verdwyn
Daar waar die spieëlbeelde
Nou rustig wei
Hier is fokkol
(pyn)
(verwyt)
(swaarkry)
(kapitalisme)
(ongelykheid)
(gewapende roof)
Krane so jy sal
Jou bottel in die stroom
Moet hervul
Pasop net
Vir die mistieke




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 31
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 68 gaste aanlyn