Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘ son

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 26 Mei 2017 Aantal woorde: 80 61 Kere gelees 1

Son

Helder helder geel die ondertoon
bedek met rosig vlees
breed verstreepte skaduwees
en lyne deur die jare
merk bakens van worstel
met ondier…met onmens…met ongod…
goedkoop mooimaaksels
besmette waters

maar af en toe
kyk mense op
en val die Son vierkantig
deur die vensters van hul wese
verlig en steek die goudgeel aan die brand
vlam deur die kreukels en bedek die vuil
verhef van binne die kleur van God
wat altyd nog daar was.

© Barbara Smit – 25/5/2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Marisa J. Labuschagne

      Marisa J. Labuschagne

      Mei 26, 2017

      Barbara hierdie is vir my so mooi, veral die volgende reels:

      breed verstreepte skaduwees
      en lyne deur die jare
      merk bakens van worstel

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 58 gaste aanlyn