Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: soms

Deur ANTON
Datum gepubliseer: 10 September 2017 Aantal woorde: 91 34 Kere gelees 1

net soms spoel die lewe,
half sout, half bitter,
soos ‘n klos van kant tot kant
en reinig in snelvloei
die sand in goud se blink
sien jy die braille
op die vel van jou leef
asof jou vingers die blind in
letters tasbaar kan maak
bly alles leeg,
ongevul soos een oue huis
met vensters sonder ruit,
net ‘n donker kykgat
verkeer jy in soeke
van eie vonds
op ou spore in doolhowe
van byster raak…
bly die lig
onder my donkermaan
jou beeld
wat my afgodies vermaan
@Anton Kilian




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van ANTON

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 48
    Kommentaar telling: 26

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 16 gaste aanlyn

    Bydrae Totale