Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Skuil in my oӫ

Deur Palet
Datum gepubliseer: 19 Julie 2017 Aantal woorde: 73 28 Kere gelees 2

Want nou vra ek jou
met die verlorendheid van jou gees
en met die hand se vra bedees

Die wit sand van die see
wat die vuil spore opvee
bietjies-bietjies sout oor alles strooi

Maar tyd is nes water
in sand uit die see se branders
dit spoel weg en ek weet
die bewustheid van jou
skuil in my oӫ se strande

Ek sluit die deure dig
ek soek
nog steeds
na jou …




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Julie 19, 2017

      Palet …dis pragtig …sluit so aan by my see vers

    2. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 19, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Palet

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 166
    Kommentaar telling: 289

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 52 gaste aanlyn