SKRYF
Wanneer pen en papier mekaar ontmoet
en vars inkdampe my neus begroet,
is dit asof ek uit hierdie mensgemaakte wêreld wegdryf
om hart, siel en denke in woorde te omskryf.
In vokale, konsonante en vreemde taalverskynsels
raak ek weg.
Uit sinvolle verse en paragrawe
berei ek ’n letterkundige gereg.
©HMellet
3 Kommentare
-
-
Toom
'n Smaaklike maaltyd! Geniet dit. Soos ek. Dankie. GvT
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
helena, Dit is 'n heerlike vers. Ritmies, aards, mooi en tasbaar vir die skryfvrate. Die woordkeuses is lieflik en die aanbieding is kort máár kragtig. Dankie, ek het lekker gelees. IM