Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Skenk jy . . .

Deur Anze
Datum gepubliseer: 12 April 2017 Aantal woorde: 92 88 Kere gelees 3

skenk, ja gee daagliks
mildelik troos;
mirre goud en
diamant uit die skatkis
van jou binnekant

salf my met jou bekoring
in koring se bronstige geel
stuur jou reddende boodskap
in rooi, helder soos die son

sprei jou vlerke deur engellig
heilig dan veersag die brakwater
van ons onseker tye met
die roer van jou hand
genees die siek
wat soos wurms vreet
deur ons brose gees

herstel so die wind se seer
wat wonde oopwaai
en waarheid verdraai
skenk, ja gee daagliks
mildelik troos; mirre goud
en ‘n diamant

© Anzé Bezuidenhout




  • TEMAS
    6 Kommentaar
    1. profiel foto van neels

      neels

      April 12, 2017

      Sjoe Anze, hierdie is n treffer wat dadelik na my gunstelinge toe gaan om weer en weer te lees

    2. profiel foto van Viooltjie

      Viooltjie

      April 12, 2017

      Welgedaan met hierdie een, Anze 🙂

    3. profiel foto van Elroux

      Elroux

      April 12, 2017

      ‘n Praggedig Anze

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Anze

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 139
    Kommentaar telling: 1361

    Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 33 gaste aanlyn