Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoë hoogtes

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 11 Mei 2017 Aantal woorde: 95 177 Kere gelees 9

Hoë hoogtes

God is die enigste wat bepaal
hoe elke een van ons moet leef
dis Hy wat jou die hemel gee
hoë sitplek dat jy wyd kan kyk
waar jy die waters kan skandeer
om geleentheid gou te gryp
dit is Hy wat jou laat uitstyg
kroon tot koning van jou ryk
jou kinders sterk maak net soos jy
maar onthou om hul te leer
dat om verbind te wees tot hoë hoogtes
jy op jou knieë moet bly
lewe onder jou moet respekteer
want dis waar jy jou kos gaan kry.

© Barbara Smit – 14/3/2017




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Palet

      Palet

      Maart 14, 2017

      Hou hiervan

    2. profiel foto van Inkmoderator

      Inkmoderator

      Mei 10, 2017

      Barbara, ek het nie veel oor hierdie vers te sê nie. Jy weet presies wat jy wou deel, en jy het. Ek het egter twee voorstelle (vrae):
      1. Waarom die titel Skaduwee maker? Ek kan nie die verband tussen die inhoud en die titel vind nie.
      2. In die 1ste sin sou ek ‘ene’ eerder as ‘een’ skryf. Ene kan verwar word met ‘meer as’ (en ek weet dit klink totaal onlogies) waar ‘Een’ ‘n defnitiewe enkelheid vir my weerspieël.

      Jou gedig is sterk, en teen die einde ook ‘n mooi lewensles.

      Skryfgroete
      IM

      • profiel foto van Barbara

        Barbara

        Mei 10, 2017

        Baie dankie IM, weet nie meer hoekom ek die naam gekies het nie. Ek dink ek het aan die skaduwee gedink wat die arend maak, en ook dat invloedryke mense die res baie maklik in die skadu kan stel. Maar ek sal bietjie dink oor die naam. Ek sal die 1ste reël verander, dit klink heelwat beter met die woord een. 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 77 gaste aanlyn