Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur)

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 13 Junie 2017 Aantal woorde: 142 158 Kere gelees 2

 

Die son gloei vanoggend oor die wye Karoo
maar elders brand daar treine, of skole – of so

nog ‘n vrou, nog ‘n kind, nog ‘n man in die straat
verloor die stryd teen die vlam, die rook en die haat.

Wie moet hiervoor die skuld kry – en nog smeulende vrae
of is dít hoe ons Showville* in Suid Afrika?

Laat die jonges pantsula, laat die ou mense wals
kom ons sing, kom ons lag,
kom ons huil oor dit als.

Die son sak weer vanaand oor die wye Karoo,
oor ons stede en townships, ons plaasgrond – en so.

Hoeveel as, hoeveel roet moet ‘n land dan verduur
voor sy lelies weer blom
in die spoor van die vuur?

© C. Shaw
31 Mei 2016

* FAK Sangbundel: (Titelnaam ~ Sing jy van blomme)

* Showville – Suid Afrikaanse televisie program waarin daar na plaaslike talent gesoek word.




  • TEMAS
    11 Kommentaar
    1. profiel foto van Okatopi

      Okatopi

      Junie 13, 2017

      So raak gevat

    2. profiel foto van Loretta Szikra

      Loretta Szikra

      Junie 13, 2017

      Wow Carma. Hierdie is so puik geskyf!

    3. profiel foto van neels

      neels

      Junie 14, 2017

      Ai ai Carma jou pragtalent kom hier weer sterk na vore

    4. profiel foto van Anze

      Anze

      Junie 14, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek

    5. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Junie 14, 2017

      So vra, soek en roep ons almal in die lewensgleuf waarin ons veral in Suid-Afrika en Afrika ons tans bevind…

      Jy slaag ongelooflik goed daarin om die radeloosheid -maar vir my ook ‘n bedekte smeking as bede in jou slotvers te verwoord. Wie of wat kan dit mooier uitdruk as :
      ” Hoeveel as, hoeveel roet moet ‘n land dan verduur
      voor sy lelies weer blom
      in die spoor van die vuur?

      Pragtig!

      • Viooltjie

        Junie 14, 2017

        Opregte dank vir jou saamlees en kommentaar, Koekekranka. Ek waardeer dit baie 🙂

    6. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Junie 16, 2017

      Uitstaande aktuele gedig

      • Viooltjie

        Junie 22, 2017

        Baie dankie vir jou lees en kommentaar, Elroux. Dit word baie waardeer 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 204
    Kommentaar telling: 716

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 71 gaste aanlyn

    Bydrae Totale