Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sielsvlerke

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 21 Februarie 2017 Aantal woorde: 97 128 Kere gelees 2

Sielsvlerke

As die grouheid
van my dag bestaan
huistoe sleep en bed toe gaan
en ek my oë kan sluit
betree ek ‘n tower woud
mengelmoes van blomme geur
spatsels van die sagste kleur
als gedoop in die son se goud
ek reik oop arms na die reënboog
sprei my siel se vlerke hoog
mooiste blou om deur te sweef
fladder om elke blom te ruik
versamel nektar om te kruik

en môre…
as die nuwe dag my wakker maak
my loop veerkragtig lig
asof ‘n nuwe lewe deur my are bruis.

© – Barbara Smit – 18/02/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 76 gaste aanlyn