Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ses-en-veertig somers

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 2 Mei 2017 Aantal woorde: 97 151 Kere gelees 4

Ses-en-veertig somers lank
kon ek mamma se sonskyn smaak
Deur ses-en-veertig winters
my met warm liefde aangeraak

Lente deuntjies vrolik
het jy my hart laat sing
Was die herfs ook al hóé olik
het jy die mooi daaruit gebring.

Die drie geslagte na jou
het jy soos goud bewaar
al was ek lankal self n ma
was jou werk as ma nooit klaar.

Vir ses-en-veertig somers
was ons die sonskyn in jou lag
maar ál wat ek vandag voor vra,
is om mamma net nog een keer
te kan eer op moederdsdag.

Dan sal meine volmaak wees…




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 2, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek

    2. profiel foto van Koekekranka

      Koekekranka

      Mei 3, 2017

      So innig-pragtig. Maak my skuldig bewoe…

      • profiel foto van Loretta Szikra

        Loretta Szikra

        Mei 3, 2017

        Baie dankie Paul, ek waardeer jou inloer. Net soos jy daar sê… voor n mens jou oë uitvee is ons kosbare tyd met ons moeders verby, en dan verwyt ons onsself omdat ons hulle meer bederf en meer waardeer het nie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Loretta Szikra

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 54
    Kommentaar telling: 51

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 256 gaste aanlyn