Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: SEMAFOORSINJALE-WAGTERS VAN VEILIGHEID-DIE EINDE VAN N ERA

Deur neels
Datum gepubliseer: 10 April 2017 Aantal woorde: 1160 101 Kere gelees 8

Vir baie jare was semafoor sinjale die wagters van veiligheid op die spoorweë en is dit een aspek van trein bedryf wat n baie interessante geskiedenis het.

Met die loop van die eerste treine is die eerste metode van treinbeheer handseine gewees. Die trein moes voor die wissels stop en moes die seinwagter die trein met n handsein die stasie binnelaat. Treine is afgestuur na stasies wanneer daar deur middel van die telegraaf berigte gewissel is en die drywer dan n order gekry het om na die volgende stasie te vertrek, n baie onveilige metode van bedryf maar was dit die metode tot op die laaste op die stil taklyne.

In Engeland, waar die spoorweë oorspronklik sy ontstaan gehad het, was die eerste metode van sinjale drie manne wat op mekaar se skouers geklim het en die boonste man dan met n uitgestrekte arm die nodige sein vertoon het. vandaar die benaming seinwagter. Die benaming seinwagter het later weggeval en is die benaming stasievoorman aangeneem

Treindienste het egter snel uitgebrei en moes daar ander planne gemaak word. Daar is toe op die gedagte gekom van n paal langs die treinspoor waaraan arms geheg is en dan met drade aan n sinjaalraam in n seinhuis gekoppel is. So het semafoor sinjale ontstaan wat vir jare lank diens gedoen het om die veilige bedryf van treine te verseker.

Die vader van die semafoor sinjaal stelsel was Charles Hutton Gregory en is dit op die Londen Croyton lyn in 1842 ingestel. Die eerste sinjale is met n hefboom onder die sinjaalpaal beheer en is dit eers n paar jaar later wat die hefbome na n sentrale seinhuis verskuif is en met drade aan die sinjale gekoppel is.

Ook in Suid-Afrika is in die begin van die primitiewe metode van handseine gebruik gemaak met berigte wat dan op die morse instrument gewissel is.

Hiermee saam het die klein stasies langs die treinspoor ontwikkel en is op die besiger lyne ook oorgeskakel na die semafoor sinjaalstelsel. Die handseinmetode het op die taklyn trajekte by ons in gebruik gebly tot op die einde van hierdie taklyne waar hulle gesluit is of radiobeheer die nuwe befryfsmetode geword het.

In die begin is die Brise voorbeeld nagevolg naamlik dat die arm in die horisontale stand n stopteken is en as die arm ondertoe wys dit n alles reg sein vertoon. As gevolg van Suid-Afrika se klimaat het die metode nie gewerk nie want in die hitte het die drade pap geword en het die sinjaalarm dan gesak en n alles reg sein vertoon plaas van n stopsein.
Daar is toe omgeskakel na die arm in n 45 grade stand om alles regsein te vertoon. Agteraan die sinjaalarms is rooi en groen lense aangebring. Snags is die lense dan verlig deur groot parrafien lampe wat dan n rooi of groen lig vertoon het, afhangende van die stand van die sinjaal.

In die begin van semafoorsinjale was dit ook maar heeltemal van die menslike faktor afhanklik en het foute maklik ontstaan wat n lelike ongeluk of wat veroorsaak het. Met die tyd is semafoorsinjale veilger gemaak deur n interlocking sisteem wat sinjale in die raam gesluit het as die wissels nie reggestel is nie. Later jare het elektriese stroomkringe die stelsel verder vervolmaak. Die beginsel was baie eenvoudig. n Swak elektriese stroom word deur die lyne gestuur en wanneer daar n trein op die lyn is het dit op die diagram in die stasie vertoon en is die sinjaal vir die lyn deur n elektriese slot vasgesluit.

In die stedelike gebied was later groot seinhuise met tot oor n honderd hefbome in die raam en was tot drie seinwagters op n skof op diens om die hordes treine te hanteer. Die meeste van hierdie snjasalrame was ook later elektries. Terloops soutrivier het in die twintgerjare die eerste elektriese raam gekry Kleurligte het egter in hierdie gebiede n einde aan die semafoor era gemaak en is die rame vervang deur panele.

In 1957 is die eerste Gesentraliseerde verkeersbeheerstelsel (G.V.B.) in Suid-Afrika tussen Bloemfontein en Springfontein in gebruik geneem. die hele trajek is deur n sentrale paneel in Bloemfontein beheer en het die stasies op hierdie lyn in onbruik geraak. Dit sou egter nog baie jare neem voordat die stelsel sou uitbrei en was die stedelike gebiede eerste om G.V.B. te kry.

Met die bou van die Sishen Saldhanna lyn en die Richardsbaai steenkool lyn is van die begin af G.V.B. geinstalleer om die swaar treine te hanteer.

Sinjale was goed om treinverkeer by stasies te reguleer maar moes daar ook plan gemaak word vir treinbeheer tussen stasies. Op dubbellyne is die sinjaalstelsel in smaewerking met blokinstrumente ingspanomdat al die treine in een rigting op dieselfde lyn loop en die treine in die ander rigting op die ander lyn.

Op enkellyne was n unieke stelse, die Van Schoor stelsel gebruik Dit was ontwerp deur Tienie van Schoor

Die stelsel het basies uit twee instrumente weeskante van die lyn in die stasies bestaan. Tussen die twee instrumente was 24 tablette met die stasies se name daarop.
Wanneer n stasie n trein wil afstuur is daar n kode sein op die instrument geslaan wat dan deur die ander stasie erken is en is die sendknoppie op die laaste slag ingehou om die ander stasie stroom te gee om n tablet vry te stel. Die tablet is dan op n tablethouer geplaas en aan die drywer oorhandig wat dan sy magtiging is om te vertrek. Daar kan nie weer n tablet uit die instrument verkry word voordat die tablet weer in een van die twee instrumente teruggeplaas is nie.

Wanneer n trein dus op n stasie deurhardloop is die tablet vir die vorige trajek sommer in die ry afgegooi met n draaibeweging en die nuwe een sommer met die arm gevang

Radios het egter n einde aan hierdie romantieke deel van treinbedryf gemaak en het ook die doodsklok vir klein stasies langs die lyn gelui.

Dit het in die negentiger jare begin toe die hoofbestuurder, Anton Moolman, in sy wysheid besluit het dat die spoor moet kompeteer met die pad. Dit het die verkeer sodanig laat afneem dat die aantal treine met tot 80% verminder het en die paar treine wat wel loop uit n sentrale punt met radios beheer word.

Tussen Kroonstad en Viljoensdrif het daar nog n ou stukkie van hierdie romantiese tyd van semafoorsinjale oorgebly maar helaas die doodsklok is ook besig om hier te lui. Oor n jaar gaan die sinjale platgegooi word en word daar reeds kleurligte geinstalleer wat van n sentrale punt beheer sal word. Ook hierdie laaste paar stasies sal dan gesluit word.

Ook in die ander streke is die doodsklok besig om te lui oor semafoorsinjale en wanneer die laaste semafoorsinjale plat gegooi word sal dit die finale einde van n lang nostalgiese era vir baie ou spoorwegmnee wes.

Hierdie is n laaste saluut aan hierdie jarelange troue wagters van veiligheid uit n romantiese era uit




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 122
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 90 gaste aanlyn