Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Seer se 24-uur

Deur Marisa J. Labuschagne
Datum gepubliseer: 28 April 2017 Aantal woorde: 75 60 Kere gelees 1

Soos pyn deur sonlig dring,
waai winterwolke voor jou vensters in
en druppels twyfel rol rakelings
by jou stil stem verby.

Soos sonlig deur seerkry sny
word winterwolke ‘n warm wolkombers,
en ‘n spieel weerkaats tartend
‘n stillewe van gister.

Soos laatmiddagson se hitte broei,
word winterwolke skadus van die nag,
en maanlig dartel klankloos lig
deur die digte mis.

Soos oggendson deur skadus breek
word winterwolke weggesmelt,
en seer word toegedraai
in môrestond.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Marisa J. Labuschagne

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 28
    Kommentaar telling: 22

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 55 gaste aanlyn