Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Seënbede

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 30 April 2017 Aantal woorde: 48 77 Kere gelees 3

Ek skryf vir jou ‘n aronskelk
langs jou voetpad daar by Velddrif vas
en pas ‘n reënwolk bo die leegte
van jou dam.

Ek wei beeste teen die rantjies
van jou heuwels
en tussen lentegras en bossies
dig ek vir jou
‘n wolwit lam.

© Carma Shaw
29 April 2017




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Kiekies

      Kiekies

      Mei 1, 2017

      …..en daar is byna niks wat jy nie tot wording kan dig nie!! Pragtig!

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Viooltjie

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 172
    Kommentaar telling: 695

    Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 73 gaste aanlyn