Ritme van ons liefde
Ek kan die ritme,
van ons liefde voel,
dit klop-klop aan my hart,
tok-tokkie,
jou sagte hande strelend,
oor my rug,
ons siel is besig om in mekaar te spoel.
Jy sit jou lippe op myne,
tonge wat mekaar halfpad ontmoet,
mag ons nooit ons liefde,
vir mekaar totsiens groet,
want ek sal enige iets,
enige iets!
Gee om altyd so te voel.
Ek kan die ritme,
van jou hart voel klop,
dit klop vinnig en vinniger,
oe, vet weet,
ek is bitter baie lief vir jou.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
24/07/2017
15:41nm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.