Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 11

Deur neels
Datum gepubliseer: 14 Maart 2017 Aantal woorde: 1625 131 Kere gelees 1

Om die veilige loop van treine te verseker is daar verskeie hulpmiddels in die sinjaalrame op stasies om te verhoed dat daar sinjale op n lyn waarop n trein staan bedien kan word. Kleurligsinjale werk op n stroomkring sisteem met verligte stroomkringe op die diagram in die seinhuis. Dit werk op n beginsel van n baie swak elektriese stroom deur die spoorbane wat dan deur die trein, as daar een op is, n besettings aanduiding gee maar ook verhoed dat sinjale op die betrokke lyn bedien kan word.

Met semafoorsinjale is op baie stasies ook van stroomkringe gebruik gemaak maar waar daar nie stroomkringe was nie is van borglatte gebruik gemaak. Die borglat was n lang ysterstaaf wat, met die bediening van n hefboom in die sinjaalraam, opgetel is en dan oorgegooi is en weer, deur die hefboom, terug gegooi is in sy oorspronklike posisie om die huisinjaal vir die betrokke lyn te ontsluit. Wanneer daar n trein op die lyn staan kon die borglat nie oorgegooi word nie omdat die trokke se wielflense dit gaan verhoed omdat die borglat daarteen gaan vasdruk.

Op dubbellyn stasies is van n “interlocking” sisteem gebruik gemaak. Wanneer die huissinjaal op gevaar terug geplaas is moes die vertreksinjaal eers bedien word en op gevaar terug geplaas word om weer die huissinjaal vir die betrokke lyn te ontsluit. Sinjaalrame is ook van rooi hefboomkrae voorsien wat die bedryfsdienaar op n sinjaalhefboom moes plaas as daar n trein op n lyn staan om die bedryfsdienaar te herinner aan die trein wat daarop staan.
Baie van die stasies tussen Kroonstad en Bloemfontein het net een uitwykspoor, of langs die op hooflyn of die afhooflyn. Daar was egter stasies wat twee uitwykspore langs beide hooflyne gehad het. Soms wanneer Transvaal nie meer leë vragte aanvaar het nie en die Noordwerf vol was is daar soms leë vragte op hierdie stasies afgesit totdat daar weer leë vragte aanvaar is. Hierdie vragte is altyd op die hooflyn afgesit om die uitwykspoor teen die platform skoon te hou vir passasierstreine.

Behalwe kleurligsinjale was nie een van hierdie hulpmiddels 100% veilig nie en het ruimte vir menslike foute gehad soos die aand toe Tiny amper in n dooie vrag op Welgeleë vasgehardloop het. Die trein net voor Tiny het sy vrag op Welgeleë afgesit en het die stasievoorman vir die lokomotief die vertreksinjaal bedien. Die huissinjaal was dus weer los gewees. Hy het vergeet om die wissels vir die uitwykspoor te draai en n hefboomkraag op te sit nadat hy die telefoon, wat begin lui het, beantwoord het.

Die Vrydagmiddag, na die naweek wat Jannie by die huis was, is dit toe Tiny regmaak om trein 11, of elf af, Bloemfontein toe te werk wat Maureen met die groetslag hom maan: “Tiny, please be carefull. I am having that bad feeling again, something is going to happen and I never had it so strong as today”, sê sy terwyl sy hom styf teen haar vasdruk.
By die loko gekom staan 3205 blinkend in die middagson vir hom en wag en is dit toe hulle begin uitbeweeg stasie toe wat Maureen se woorde weer by hom opkom. Dit bly by hom spook en toe hulle gekoppel het vra hy vir Gert of hy in voorbodes glo. Gert antwoord hom dadelik dat hy wel daarin glo. Dit is toe Tiny hom vertel van Maureen se voorbodes wat nog altyd reg was.

“Hel oom Tiny dan sal ons op die uitkyk moet wees vannag, my oorle ouma het ook altyd dinge vooruit gesien en was nooit verkeerd nie, dit voel nou kompleet of n kat oor my graf loop” antwoord hy terwyl die sinjale voor hulle opgaan om te vertrek.
Van die dag wat hulle die rook van die trein teen die Bosrandbank voor hulle gewaar het het Tiny agtergekom dat Gert n buitengewone skerp gesigsvermoë het en soms die sinjale van ver af al kan sien. Dat Gert Maureen se waarskuwing ernstig opneem is van die begin af duidelik. Hy haal sy oë nie n oomblik van die pad af voor hulle nie en is sy oë gedurig soekend. Hulle trek Bloemfontein stasie sonder enige probleme in, gaan loko toe om te draai en hak n gelaaide algemene vrag in die werf vir hulle terugreis.

In die donker is Gert se oë gedurig soekend op die spore wat in die koplig verlig word maar verloop die rit die eerste deel ook sonder enige probleme.

Intussen slaap Maureen nie die nag nie en is dit al middernag toe sy nog lê en rondrol. Die gevoel in haar is bitter sterk en het sy nou al paar keer haar Bybel oopgeslaan en lang stukke gelees om Paddy se beeld voor haar te probeer verdryf. Paddy se beeld bly egter voor haar opkom en word die gevoel in haar al sterker tot dit een uur die nag skielik weggaan. Dadelik weet sy dat iets nou gebeur het en nou is dit die angswekkende wag.

Oppad Welgeleë toe hardloop 3205 vol spoed deur die donker nag met haar koplig wat die spore voor hulle verlig. Tiny sit die koplig n slag op dof toe n trein van voor af by hulle verbysnel en toe weer op helder. Dit is toe Gert hom vra om die koplig weer op dof te sit en in die donkerte voor hom bly tuur. Dit is toe hulle Welgeleë se buitehuissinjaal wat groen is, die afstand sinjaal is op geel, nader wat Gert sê; “Oom Tiny, hier staan n trein in die stasie, ek het nou die agter rooi ligte gesien en het hulle netnou ook gesien. Huissinjaal groen vir hooflyn”.

Dit op sigself sê nie baie nie want dit kan wees dat die vorige trein vir een of ander rede uitgekeer is of dalk teëspoed gekry het. Tiny stoot egter bietjie toe om spoed teen die bult te verloor want hy is nie seker of hulle deurgaan met die afstandsinjaal wat geel was nie. Dit toe Paddy se beeld voor hom opkom en is dit of hy vir Tiny sê: “Close the regulator sonny. Stop her sonny stop her, you have trouble here”.

Dit is toe Tiny besluit om toe te stoot en te begin rem om in die stasie te kan stop toe Gert skree: “Oom Tiny daardie trein staan op die hooflyn, ons gaan hom stamp”.

Tiny gooi nou die remme vol aan, trek die omsteller in agteruit en pluk die regulateur oop. Die groot trekwiele kom n oomblik tot stilstand, begin agtertoe maal, maar skuif hulle by die huissinjaal verby en kom met n harde stamp teen die vrag voor hulle tot stilstand. Tiny en Gert het altwee skoon bewerasie en klim dan uit om te kyk of hulle nie ontspoor het nie. Die wiele is egter nog almal op die spoor en die vrag voor hulle se trokwiele is ook nog almal op die spoor en n, nou woedende, Tiny begin aanstap stasie toe terwyl Gert teruggaan lokomotief toe. Die stasievoorman het intussen sy fout agtergekom en kom aangehardllop om Tiny halfpad te kry. Tiny is woedend, hulle kon dood gewees het as hulle volspoed in die vrag vas gehardloop het en snou hy die stasievoorman toe: “Wat het jy nou aan gevang om vir my sinjale op n dooie vrag te gee. Ons kon dood gewees het en n helse botsing hier veroorsaak het man. Wat maak ons nou”.

Die stasievoorman bly om verskoning vra maar Tiny dring daarop aan om die voorval te rapporteer, dit is n botsing. Danksy Gert se skerp oë is n groter botsing voorkom, en begin hy aanstap stasie toe om by n telefoon te kom met die stasievoorman handwringend al agter hom aan. Ongelukkig vir die stasievoorman kom die stasiemeester, wat wakker geword het en agtergekom het iets is fout, ook op die stasie aan om ondersoek in te stel. Dit is net na een in die oggend. Die stasiemeester het nie n keuse nie, hy rapporteer die voorval aan bedryf en skors die stasievoorman van diens om self bedryfs pligte oor te neem. Hy vra Tiny om terug te stoot sodat hy hulle deur die uitwykspoor kan bring. Tiny gaan terug trein toe en maak soos hy versoek is. Toe hulle teruggestoot het tot agter die huissinjaal gee hy n fluit, die wissels word gedraai en kry hulle sinjale deur die uitwykspoor om deur te gaan.

Intussen kan Maureen ook nie tot rus kom nie. Drie uur bel sy die loko en is dit toe sy hoor dat daar n botsing was maar dat almal veilig is en dat Tiny hulle alweer oppad is huis toe. Toe eers kry Maureen geslaap.

Oppad Virginia toe sê Tiny: “Dankie Gert. As dit nie vir jou skerp oë en oplettendheid was nie was ons nou in lelike ding gewees vannag en altwee dood”.

Gert trek net sy skouers op: “Oom Tiny, oom moet vir oom se vrou gaan dankie sê. Sy het ons met haar gevoel gewaarsku en toe oom my dit vertel het oom my maar net opgeskerp om ekstra oplettend te wees”.

Toe Tiny by die huis instap is Maureen by hom; “ Dankie tog jy is veilig by die huis. Wat het laasnag gebeur Tiny, ek wil alles weet”.
Tiny vertel haar wat gebeur het. Hy vertel haar of dit was of hy Paddy voor hom gesien het en dat Paddy hom gewaarsku het.

Maureen bly n oomblikkie stil: “He visited me also last night to warn me but I told him to go and look for you and warn you”.

Al wat Tiny kan doen is Maureen styf teen hom vasdruk en dan gaan sy aan die huil: “Meiring you are my whole life and Paddy knows that, that was why he came to warn us last night”.




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van neels

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 153
    Kommentaar telling: 1102

    Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 36 gaste aanlyn