Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Wees Ribbebeen

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 9 Mei 2017 Aantal woorde: 118 100 Kere gelees 1

Ribbebeen

Verwagting blink vandag so mooi in jou oë
‘n sprokie begin vir jou en jou prins
beloftes, verklarings – ‘n blink liefdespand
maar om ‘n ribbebeen te wees
is eintlik al wat God van jou vra
beskerm sy hart en omhels sy siel
die wêreld se dinge kan so maklik verniel
laat plek vir asem – en gee mee as dit moet
gee vir hom liefde en gee vir hom eer
wys hom hy kan jou altyd vertrou
dan sal hy veilig voel in jou ribbe kou
spreek seën oor hom uit, spreek lewe oor hom uit
wees jy sy harnas van geregtigheid
maar net op jou knieë, my kind, en net voor die Heer.

© Barbara Smit – 8/5/2017




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Mei 9, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek 

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 80
    Kommentaar telling: 40

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 94 gaste aanlyn