Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: Die film, TUSSEN HEMEL EN HIER

TUSSEN HEMEL en HIER

In München het Amelia ‘n boekwinkel wat sy van haar pa geërf het. Sy ry met haar ma met vakansie na Ierland, waar haar ma haar sê dat sy ‘n adoptiefkind is, en dat haar wortels hier in Ierland lê. Die moeder sterf aan ‘n hartaanval, en Amelia het skielik behoefte om uit te vind wie haar regte ouers is. In München vind sy geen sielsrus nie en vlieg holderstebolder terug na Dublin. Daarby laat sy haar verloofde met verlowingsring (en ‘n stryktrio vir die agtergrondmusiek) staan. Haar niggie wat by haar werk, oorneem nogeens verteenwoordigend die leisels in die boekwinkel: „Jy kan dit alles in elk geval beter as ek…”

In Dublin aangekom, gee ‘n komiese ou mannetjie haar ‘n struisie blomme met die raad, „Volg die blomme om jou geluk te vind.” En daardeur word sy in ‘n wondersame awontuur ingesleep.

[Zwischen Himmel und hier; 2014; Duitsland; televisiefilm met Yvonne Catterfeld, Sebastian Ströbel, Stuart Dunne, e.a.; regie Michael Karen, titellied, „Two steps from Heaven” deur S J McArdle; na ‘n idee van Cecelia Ahern. (Kwota: 6,04 mio toeskouers = 16,3%)]

Die blomme lei haar na die kantoor van ‘n privaatspeurder wat sy aanhuur om te soek na, soos sy vermoed, ‘n paar grafstene . . .  of miskien net een. Hulle vind uit hoeveel kinders op haar geboortsdag gebore is, watter kinders deur buitelanders adopteer is, al hoe nader, al hoe nader aan hul doel. Hulle volg ‘n spoor na ‘n dorpie waarvoor die borduurpatroon op haar doopkleed tipies is. Haar geboortsplek. Daar word juis die groot jaarlikse fees voorberei vir emigrante na Amerika wat weer teruggekeer het. Die speurder moet ook met ‘n lied optree. En siedaar! Skielik staan Amelia op die verhogie in die pub. . . Daar’s ‘n klooster met swygplig vir die nonne. En dan begin mense geheimnisvolle dinge doen. En nogeens verskyn die kabouterman met die blomme. . .

Dis weer so ‘n sprokie met heelwat spore wat in die verkeerde rigting loop, met verbasende wendings en draaie in die plot, maar uit die staanspoor met die belofte dat alles goed gaan afloop. En dit loop ook so af.

In ZDF, „Zweites Deutsches Fernsehen” (tweede tvsender) loop ‘n program al dekades lank: „Herzkino” (Hartbioskoop) met ‘n reeks liefdesfilms vir die mense wat níe kriminaalfilms met moord en bloed en geweld wil kyk nie (Sondagaand!). In die reël is dit vrouens wat kyk en die geliefde outeurs is so iemand soos Inga Lindström, Rosamunde Pilcher, waarskynlik Daniela Steele, Heinz Konsalik en soortgelykes. (Daarby het die draaiboekskrywers insidente uit Pilcher se kortverhale, byvoorbeeld uit die versameling „Die blou kamer”, opgeblaas en ‘n vollengte film, ‘n aandprogram van neëntig minute, daaruit gemaak wat soms slegs deur die name van ‘n paar karakters as soortgelyk aangesien kan word. Die ontstane verhaal het soms glad-en-al niks met die eintlike, oorspronklike storie te doen nie. Maar aanskynend is of was albei partye enig dat dit ‘n „goeie transaksie” is. En die ses miljoen vrouens ook.) En nou het hulle die vergelykswys jonge Cecelia Ahern ingespan. Die volgende in ‘n reeks is toe al vir 2015 geplan, wat menige van haar lesers nie goed gevind het nie.

Cecelia Ahern (1981 in Ierland gebore) skryf, soos sy aangee, sedert haar kindheid verhaaltjies en gediggies. Haar eerste roman, as tiener, was al ‘n wêreldtreffer: P. S. Ek het jou lief en sedertdien kuier haar titels weke lank op die best-seller-lyste oraloor. Natuurlik het sy altyd die een of ander ontwerp in haar kop: By hierdie verfilmung staan nie „Na die roman van …” nie, sondern „Na ‘n idee van…” Dis tog waarskynlik dat die duitse verarbeiders hier en daar ‘n ietsie uit een of ander van haar werke „geleen” het. Laat dit so wees, ek gee nie om nie.

Hierdie Herzkino-films doen mý hart goed met hulle kleurvolle opnames in die sonnige somerdae van die sweedse middernagson, die stralende, groen landskap van Cornwall en Ierland in Junie tot Augustus, die verswete beierse Alpe in somer . . . Derhalwe ‘n handvol sterre, veral in ons triestige grou winter. Ofskoon dit ja glad nie „groot letterkunde” is nie. Maar ‘n besonders goed vertelde sprokie.

Graag vier sterre.

©.27e.Mei2016………..c]:o(٤.****.(o;[►………………………tje




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed