Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RESENSIE: In ‘n beter Wêreld, die film

Deur Toom
Datum gepubliseer: 13 September 2017 Aantal woorde: 655 213 Kere gelees 3

IN ‘N BETER WÊRELD, die film

In ‘n middelklein DuitseKaff (one-horse-town) êrens op die plat land agter die Noordseekus se dyk is ‘n Lichtspielhaus, ‘n Kino, ja ‘n bioskoop met (hou vas, nie omval nie!) vyf (in syfers: 5) vertoonsale, in ‘n deutsche Kleinstadt, ‘n dorp met die proporsies van sê ma’ Robertson of Pietersburg of Colenso, en presies so ver weg van die beskawing”. Hier word daagliks ses tot agt filme getoon, en die sale met tussen 80 en 400 plekke is meestal nie vol nie. Dit kan by tye daartoe kom dat in die een of ander saal glad niemand sit nie. Dis ‘n harde, riskante bedryf; daar moet die eienaar hare op sy kuns­byters hê, wanneer hy ‘n duur film vir ‘n week wil uitleen. So kom die Kaffers (kyk hierbo!) alte dikwels in die genot van die goedkoopste Hollywoodse str(piep) – een block­buster volg die ander: Die eienaar kan dit eenvoudig nie bekostig om tien keer „voor ‘n leë huis” te speel nie. Die verhaal ken ons al. Van oral.

MAAR: Op hierdie besondere dorp het die Stadtkino ekstra betalende stand­bene gaan soek:
Die Volkshochschule (VHS), ‘n aandskoolinrigting, bied eenkeer die maand ‘n leerryke film „wat ons anders nie te siene gekry het nie” aan;
die Kerke bied ook soiets (kyk na my resensie van „Precious”);
die Verband van Reisagentskappe bied ‘n soort reklamefilm vir ‘n besondere toeristiekgebied, bv. Namibia, af en toe;
en nou het ons ‘n eie Weltfilmclub wat verspreek om ons die allerbesonderste en besteste filme te bring. Ons moet daarvoor dankbaar wees en is dit ook.


So ‘n lang inleiding was nie gedag nie, maar nouja.

Uit Denemark kom nou die aand ‘n VHS-Film „In ‘n beter wêreld” (Deens: „HÆVN”, dit klink soos Hemel of Hawe of Ophef/Optel?). Dis ‘n film oor en met kinders, maar nie ‘n „kinderfilm” nie: Twee twaalf- of dertienjarige seuns is buitestaanders in hulle klas, Elias word „gemob” totdat die nuweling, Christiaan, ingryp en met brutale geweld daar ‘n einde van maak. Die vriende besluit dat Elias se pa te sag, te swak optree, nadat hy deur ‘n ruwe kêrel aangerand is. Die kinders wil wraakneem. Christiaan se ma is onlangs aan kanker dood en hy gee sy pa skuld daaraan, onverbiddelik soos slegs kinders dit kan. Altwee ouers van Elias is mediese dokters, sy ma in die plaaslike hospitaal, sy pa in ‘n boslasaret êrens in tropies-Afrika, hulle is vervreemd van mekaar, en Elias en sy klein boetie ly daaronder. Die volwassenes het geen benul wat met hulle kinders aan’t gebeur is nie, nog die ouers, nog die onderwysers. En in hierdie film is daar geen gawe oom of tante om die hoek waar hulle kan gaan raadhaal of uithuil nie.

Ons praat van mense wat „wêrelde uitmekaar” is, ofskoon hulle in dieselfde vertrek sit. So kán die tuisgeblewenes niks weet van die toestande in Midde-Afrika nie, waar ‘n rebelle-leier met sy manne wed of ‘n swangere vrou ‘n seun of ‘n meisie dra, en haar dan oopsny om te kyk, wat is dit nou? En kan nie weet wat vir gedagtes sy vrou pla nie, hulle sien mekaar net as hy op verlof huistoe kom. Christiaan se vader verdwyn smôrens in die wêreld van die volwassenes. Die onderwysers se gevolg­trekkings is hopeloos verkeerd. En as die polisie daartoegenooi word, weet hulle ook niks beters nie.
Dis beslis nie ‘n kinderfilm nie, ook nie ‘n „mooi” film nie, maar ‘n psigogram, nee, ‘n struis psigogramme van mense wat in sekere omstand
ighede vasgevang is en nie van uit weet nie.

Regie deur Susanne Bier, ‘n vrou wat haar handwerk ken, wat al Oscar-nomineringS gehad het, en gespeel deur mense, groot én klein, wat in ‘n ander opset tot „stars” opgehemel sou word.
Waarlik ‘n edelsteentjie midde-in die kunsjuweelglitser wat ons anders verblind.

∆∆ΩΩΩ∆∆

12e. Januarie 2017 ink

11. ………….◄]:o(٤ooOoo(o;[►………. .tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 104 gaste aanlyn