Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RESENSIE: Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film

Deur Toom
Datum gepubliseer: 17 Maart 2017 Aantal woorde: 601 206 Kere gelees 4

 Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film

n Screwball-komedie on the road” het dit die regisseur en draaiboekskrywer genoem. Screwball beteken soveel as mal- of gek-wees. Dit kom waarskynlik uit die biljaart- of bofbalspel: ‘n Bal wat soos ‘n kurktrekker draai as dit afgeskiet of gegooi word – iets onmoontlik dat dit heeltemal mal is: Die een of ander politikus of filosoof se voorslae is onbruikbaar, dis mal; hy’s ‘n screwball. En on the road beteken net dit: Die verhaal ontwikkel wanneer die karakters op die langpad (hier die Autobahn) vorentoe beweeg.

[Die Welt der Wunderlichs; 2016; D/CH(=Switserland); regie en draaiboek Dani Levi, met Katharina Schüttler, Ernst Wilhelm Rodriguez, Martin Feifel, Christiane Paul, Steffen Groth, Peter Simonischek en Hannelore Elsner en ‘n hele reeks andere.]

Hier word met nog meer hooge woorden” gegooi. Mimi Wunderlich is ‘n alleenstaande moeder wat ‘n hiperaktiewe kind het om groot te maak; haar ma is ‘n hipochondriese, egosentriese voormalige popstar maar daarvan is niks meer oor nie. Mimi en haar man, Felix se pa, leef uitmekaar; hy was ‘n popsanger; nou het hy ‘n Rockerattitúde en ‘n dwelms-probleem. Haar pa, Felix se oupa, is nie in staat om sy eie lewe in die hand te neem nie en ly onder (dobbel-)speelsug. En haar suster Manuela besit geen hart nie; sy’s eenvoudig selfsugtig en het elkgeval haar eie probleme met haar haarkappersalon. Mimi het ‘n konstant hoë stresslevel en is kort daarvoor dat haar senuwees ineenstort: Sy het haar werk as CD-verkoopster in ‘n elektrowinkel verloor omdat haar seun vir die vierde keer binne ‘n maand iets vreesliks in die skool uitgebroei het, en sy moes dadelik soontoe kom om te red wat te redde is. Nog op die parkeerterrein voor die winkel ry sy met haar motorfiets iemand om . . .

Alles loop skeef. En dan is daar die stem met die switserse aksent wat haar aanhoudend aanroep en uitnooi om aan ‘n pop-kompetisie deel te neem. Ook dit nog!

Nadat sy op die perderenbaan haar kind se sakgeld van sy oupa teruggekry het, waar hy dit vir weddens wou uitgee, nadat haar pa uit die inrigting vrygelaat is – onder háár bewaking — , nadat sy met alle moontlike gesinslede gestry het . . . kom die man van die padongeluk op haar af. En nou kan die storie begin.

Sy besluit om na Switserland te vlieg en aan die Second Chance”-kompetisie deel te neem. Dis vir musikante wat vroeër na bo gestreef het toe hulle nog jonk was en nou die geleentheid het om nogeens te probeer.

Maar alleen, gehoor!

A-nee-a! Alleen nie! Sy verpas die vlug maar die padongeluk-offer besit ‘n lykwa en wil haar na Zürich bring. As hulle weer kyk, is die wa agter vol familie! En Felix se pa, haar nog-man, jaag met die ou woonbus van vroeër agterna.

Chaotisch, mal, verrückt, gek en skreeusnaaks, die hele pad na Zürich tot op die verhoog in die semi-finaal van die wedstryd.

Iets interessantes so terloops is dat die regisseur ‘n hele aantal topspelers uit film en tv (elders sou hulle stars” genoem word) kleiner rolletjies gegee het. Skaars is hulle op die silwerdoek, daar verdwyn hulle reeds. Sommiges het die rolle van die verkeerspolisie, andere is die skeidsregters by die song-contest of maak die beligting of grimering of soiets. Switserse, duitse en oosterrykse toeskouers kry as bonus dus ‘n soekspel daartoe. Die enigste wat ek vermoed het was ‘n swart vrou namens Arabella. Maar soveel show-business-persoonlikhede ken ek nie.

Goed dan: Drie tot vier . . . sê maar vier sterre.

©12e.Maart2017…◄]:o(٤☼☼☼☼.(o;╞………………………tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 153
    Kommentaar telling: 157

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 61 gaste aanlyn

    Bydrae Totale