Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RESENSIE: Die Medikus, film en boek

Deur Toom
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2017 Aantal woorde: 740 580 Kere gelees 5

Die oumense het altyd gesê dat mens éérs die boek moet lees en dán die film gaan kyk. Nie andersom nie! En hoekom dit? As mens die film eers sien, het jy beelde van die storie ingeprent gekry wat bestem hoe jy die die boek moet sien en begryp. Sê maar byvoorbeeld Johnnie Depp speel ‘n rol in die film; later lees jy die boek en, makiesaak wat die skrywer sê nie, jy sien altyd Johnnie Depp. Nou weet ons dat die film dikwels anders as die boek gaan uitval: As J. D. aan boord van die skip verbrand (omdat dit met die vlamme so mooi lyk), gaan jy swaarkry as hy in die boek moet verdrink. Daar is iets wat jou nie toelaat om dit te sluk nie. Maar as jy daarna die film sien, het jy al soveel klein veranderinkies gesluk dat jy reeds gemerk het dat dit ‘n ander storie is voor jy by die sterwetoneel kom. Dán kan jy besluit of die film of die boek beter was. Dikwels val die keuse op die boek (roman), „want die film stem nie met die eie prente in my kop ooreen nie. het ek my dit nie voorgestel nie.” Andersom lê mens sommer gou die boek weg as die beelde nie met die van die film ooreenstem nie. En ons stap nie so maklik uit ‘n film uit, waarvoor ons soveel geld betaal het nie.

In 1986 het Noah Gordon ‘n boek geskryf: The Physician (Der Medicus). Dis ‘n vollengte roman met 637 bladsye, en afhanklik van hoe goed jou Engels is en hoeveel tyd jy het, kan dit tussen ‘n week en meer as ‘n maand, miskien ‘n halwe jaar, duur voordat jy dit deur het. Dis ‘n verhaal wat dwars oor Europa na Persië trek, ‘n paar jaartjies daar bly en na Skotland terugloop. Dit begin met ‘n arm kind in Londen in die middeleeue wat die geleentheid kry om iets beters te word, ‘n mediese dokter. Die film speel in sê maar 90 tot honderd minute af, en heelwat — heelwat! — word weggelaat.

Dit maak dat die tempo van die fliek ‘n andere is, ons vlieg so te sê van die een awontuur na die ander. Daarby het die boek die moontlikheid om langsaam en deeglik prente te skilder, hoe die lewe destyds moes gewees het, die lewe in die krotbuurt, die maandelange gang oor die paaie wat die kruisridders later gaan bevolg, interessanthede oor die verskeie volke, stamme en enkelinge wat hy tref. Sy aankoms, sy opname in die vreemde taal in die vreemde universiteit in die vreemde (moslem-)kultuur, hoe hulle met die pes in ‘n stad omgaan, hoe die nuwe denke nuwe moontlikhede vir die genesing van pasiënte bring. Die gedagtes kan loop dwaal in ‘n onbekende wêreld, maar met ons moderne kennisse. Wat sou ek gemaak het? Wat sou ek kón teweeggebring het?

Maar nou kom dit alweer: Daai MAAR! Die filmmakers het waarlik ‘n ander verhaal opgebou, met ander betoning, ander gegewens, ja ander persone, sodat die leser/toeskouer op die ou ent moet onderskei en kies tussen twee dinge, nie tussen twee weergawes van die een ding nie.

Hoe nou gemaak? Hoe nou besluit? Ek het baie gehou van die nadenklike slenter­gang van die roman, het die atmosferiese dinge ingesnuif, die interessante inligtinkies opgeslurf. Dit is, vir my, ‘n uitgewoë reis deur die awendland tot in die môreland en terug wat ook my „dors na ‘n storie” bevredigend geles het. ‘n Goeie storie was dit ook, met romanse, awontuur, adrenalien . . . Als. Die fliek was nie James-Bond-in-sandale-en-turban nie, tog was dit ook ‘n soortgelyke bevredigende beleefnis.

Die filmmakers het die dinge so gedraai dat die einde van die storie vir my passender was as die van die boek. As ek nie die film gesien het nie, sou ek dit nie vermis het nie. En so ook met die boek. Nou het ek tog altwee gehad, altwee is op ‘n hoë vlak. Dis net dat die film se einde my meer bevredig as die van die boek. Beteken dit dat ek afvlak, dat my waardes afsak? Dat ek veramerikaniseer?

Nee, ek glo nie: Smaak my, die filmmakers het beter verstaan wat ‘n goeie storie uitmaak. Dis sekerlik nie by alle filmweergawes van alle geskrewe romane nie. Dog diekeer was dit so.

In altwee gevalle vier sterre.

©.2016..op woes…….. c]:o(٤∗∗8e.Julie2016]∗∗(o;[>……………………………tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 140
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 74 gaste aanlyn