Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Resensie: Die film, Vandag is ek SAMBA

Deur Toom
Datum gepubliseer: 6 Augustus 2017 Aantal woorde: 769 61 Kere gelees 2

 Vandag is ek SAMBA

Alreeds tien jare lank woon Samba onwettig in Frankryk. Hy stam uit Senegal en kan hier in Parys aan die lewe bly slegs deur handlanger- en uithelfwerkies te doen. Hy en sy brasiliaanse vriend, Wilson wat ook half-illegaal is, moet geleentlik voor die inspekteure vlug, omdat hulle nie as bouwerkers mag werk nie. Registreer kán hulle nie. Terwyl hy in ‘n restourantkombuis werk, kry hy die geleentheid om permanent aangestel te word. Hy gaan na die registrasiekantoor om aansoek te doen, maar die beampte oordeel dat hy moet terugvlieg.

Alice ly aan burnout” en het siekverlof sodat sy tot rus kan kom en genees; sy is van die soort wat nie op die stoep kan sit en duimpiesdraai nie en help dus haar vriendin op vrywillige basis in ‘n sosiale diens uit: Hulle staan arm mense by, asook mense wat niks van die wet verstaan, ja kán verstaan nie — wat in die rompslomp van die wet verwikkeld is en nie van uit weet nie. ‘n Deel van hulle klandisie” is buitelanders, immigrante, vlugtelinge. En daar vind hulle die vlugteling Samba nadat hy aangewys is om die land te verlaat.

e※

[SAMBA (Fr) / Heute bin ich Samba (Dt): regie Olivier Nakache en Éric Toledano met Omar Sy, Charlotte Gainsbourg, Tahar Rahim, Izïa Higelin, Hélène Vincent; 2014, Frankryk.]

Ten spyte van indringlike waarskuwings van haar vriendin, Manu [Higelin] is die eerste ding wat Alice [Gainsbourg] doen wanneer sy met ‘n kliënt alleen is – sy gee hom haar telefoonnommer. Alice en Manu (sê Âlies / Manuu) se werk omvat verskeie kontakte met die owerhede, met gesondheids-, wonings- en voedsel­organisasies en firmas, en die ervaring het geleer dat ‘n alte persoonlike kontak met ‘n vlugteling tot ernste komplikasies kan voer. En juis dit gebeur wanneer Samba [Sy] en Wilson [Rahim] op die vlug voor die stadt se bouinspekteure is en dringend hulp nodig het.

Dis ‘n spel tussen vier mense met heeltemal verskillende persoonlik­hede en die owerhede in vorm van verskillende amptenare wat verskillende wette moet uitvoer en verskillende base wat aangewees is op goedkoop werkers in hul firma. Van die Franse is die ene stoer en verbete of haterig, die ander behulpsaam. En jy weet nie watter een jy gaan kry as jy in ‘n kantoor of by ‘n werkplek instap nie! En dan die vrouens, altwee eerder onseker en skugter, Alice in elkgeval bietjie aangeslaan wat gesondheid betref en Manu gewete-bang dat hulle iemand se verblyfmoontlikheid gaan afkap as hulle onverskillig met die wet omgaan.

Die Duitse weergawe van die titel stam uit die tonele waar Samba vals dokumente in die hand kry en hy moet net weet, wie se pas hy nou in die broeksak het, op wie se naam hy moet antwoord. Eenkeer neem die nuwe baas alle papiere, ID-kaarte en so in die hand. Samba kan met die nuwe werk begin: En wat’s jou roepnaam?” Werk verloor.

By Wilson kom dit aan die lig dat hy glad nie Brasiliaan is nie maar Algeriër, dat hy ‘n geheel-en-al ander (onuitspreeklike) naam het. Een of ander tyd het hy die dokumente van ‘n Brasiliaan namens Wilson in die hande gekry. Dis nie lank nie en altwee vrouens het een van die mans „ge-adopteer”, so te sê, en hulle woon saam, hou partytjies, maak oorverdowende musiek . . . So is hulle „aangekom” en nooi bure en die pensioenarisse wat by hul organisasie werk uit om saam te dans, eet en drink. Veral nadat Samba die ID-kaart van iemand kry wat verdrink het toe hy Samba se baadjie aangehad het – met ID-kaart in die sak.

Manu en besonders Alice bloei op. Alice is gou weer stralend gesond en kan teruggaan werktoe. Samba en Wilson kan weer legaal” werk kry . . . en Frankryk kan sy pad in die konter-bonte multi-kulti-liberale wêreld van môre ingaan.

A-ag, man! So ‘n tydmors: Die Franse (oftewel hulle filmemakers) het die skip se roer ver oorgeswaai, so ver dat mens kan dink, hulle soek bewus die verdelging van hulle eie volk. Baie van die nuwe films het verhale van swart en wit liefhebbers wat mekaar eindelik” tref. Nou goed dan, dis díe films wat deur die Duitse firmas ingevoer word. Interessant is elkgeval wat vir kriminele truuks die regisseure van sulke flieks van hulle vlugteling-daarstellers geleer en in die verhaal ingebou het. En hulle keur dit aanskynend goed.

Die vraag is of die franse publiek dit goedkeur en of hulle soiets passief toelaat of glad bang is om iets daarteen te sê.

©30e.Julie2017. .oooo. . . . . . . .tje

[Behoort in die afdeling Vlugtelinge (in Europa)]




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 142
    Kommentaar telling: 133

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 78 gaste aanlyn