Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RESENSIE: die film, the ARTIST

Deur Toom
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2017 Aantal woorde: 814 21 Kere gelees 2

The ARTIST

In die tyd van 3D-films, SFX (spesiaaleffekte), action-spektakels, romantic comedies en teenie-films – wie gaan kyk nog ‘n swart-wit stomfilm? Nouja, in die tyd van 3D-films, SFX, action-spektakels, romantic comedies en teenie-films waag één film iets eenmaliges: Hy doen afstand van kleur en gesproke dialoog en bring die gevoele van die grootste epoche van die bioskoop op ons silwerdoeke terug. So laat ‘n Duitse ressensent hom uit.

[THE ARTIST: regie en draaiboek Michel Hazanavicius; Spelers Jean Dujardin, Bérénice Bejo, Uggy die hond: Musiek Ludovic Bource; 2011]

In die twintigerjare was George Valentin ‘n star in die hemel oor „Hollywoodland”. Hy had sjarme, was astrant, en die publiek het hom (en sy hondjie, Jack) liefgehad. Lief het hom die vrouens teenoor wie hy speel níe soseer nie, want hy speel hulle so te sê in die hoek, en gaar almal se roem vir homself in. Per abuis ontdek hy die talent van ‘n jong danseres „uit die derde ry” en plaas haar op die pad na bo. En hierdie pad lei in die wêreld van die klangfilm in met praatstemme en musiek en dans. As sy regisseur hom daarmee konfronteer, lag hy dit as verbygaande mode en kinderspeletjies uit.

Helaas!

Die meisie, Peppy Miller, baan binne ‘n paar jare haar weg na bo en hy sak onder uit, moet sy klere, later sy huis en alles wat hy besit, verkoop, sy diener in die pad steek, en gaan woon self in ‘n kamertjie van die soort met ‘n ruimsparende opklapbed. Hy het uit die mode geraak en word gou vergeet. Want hy weier om aan die nuwe tyd aan te pas.


Sy het haar natuurlik in hom verlief, en hy het haar nooit vergeet nie. Sodat, as sy hom etlike jare later in die hospitaal opsoek, nadat hy verarmt en verslete byna in ‘n brand omgekom het, sy die film vind wat hy vasomklammer het toe hy gered word. Dis die eerste film wat hulle saam gemaak het toe sy nog ‘n niemand was. En die laaste,
die enigste . . .
Die storie ontwikkel soos dit moet. Maar die neëntig minute is nog nie om nie, en daar’s nog ‘n paar struikelblokke in die weg van hierdie twee ongelykes.

‘n Mooi storie, of in kleur of met gesproke tekste. Maar dis verbasend dat ‘n film, stom, in s/w én in ou-modiese 1,33-by-1-formaat met ingevoegde titelkaarte vir die dialoog, vandag getoon word, en dat dit dog nog ‘n ware kunswerk kan wees. Wat dit inderdaad is.

Hazanavicius wou aanskynend sedert 2000 al so ‘n film draai, maar die geleëntheid was nie daar nie. Tien, elf jaar later het hy dit reggekry om na Hollywood te trek — met sy vriendin (Bérénice Bejo) en toneelspeler (Jean Dujardin). Hy het ontelbare ou stomfilme aangekyk (en aan sy spelers gegee om te bestudeer (Weetmos: kop op die rugkant van die linkerhand leun; dan kop effens maar oë heeltemal na bo draai; tekskaart volg – Helaas!); hy het die lewe en werke van destydse sterre studeer, het oorspronklike plekke om te verfilm soos Paramount Studios uitgesoek; het nogal enige tonele in die slaapkamer van Mary Pickford (!) opgeneem. So oorspronklik moontlik. Die karakter, Valentin, het menige trekke van Douglas Fairbanks jr.(!). En sommige tonele is uit sy films „siteer”. (Ons het ‘n paar DVD’s met films uit daardie tyd – bv. Zorro – en sommige tonele is taamlik presies nagebou.) Toe hy skryf, het Hazanavicius die Hay’s Code as orientering gehad, wat vroeër die sedelik aanneembare daarbieding van omgang tussen die geslegte in VS Amerikaanse films bepaal het. „Mense het nie mekaar gesoen nie, daar is eenvoudig geen soenery in my film nie: die danstonele is die liefdestonele.” Aldus die regisseur.

Alles om outentisiteit.

En dít met die modernste tegnologie: Die kameraman, wat vir ‘n Oscar genomineer is, het met kleurfilm en kompliseerde filters en tegnieke gefilm om besondere s/w tone in sy beelde te kry. Ook die uitstekende musiek, wat Ludovic Bource uitsluitlik vir die film komponeer het, het ‘n Oscar ingesteek.

Hierdie film het 52 (twee-en-vyftig!) toekennings ingesamel – wat ék getel het – oral uit Amerika en Europa, ja ook Australië, daaronder vyf Oscars, ‘n Goue Leeu, ‘n Goue Palm. Selfs die Jack Russel, Uggie (van die Duitse TV-sender ZDF, Jack in die film), het van die Dog News Daily die Goue Halsband 2012 ontvang.

The Artist is ‘n gebeurtenis, ‘n liefdfesverklaring aan die grootte en toorkrag van die speelfilm. As dit nog moontlik is, gaan kyk.

Minstens 4 sterre.


[In ons Kaff (* kyk hieronder) of cowtown, waar jy vanaand voor die fliek kan ruik of die boere vanmiddag mis gestrooi het of nie, is die ka-a-ef-ef-e-er-es (* kyk hierbo) dankbaar vir die geleëntheid om twee-, driemaal per maand films van hoë kwaliteit te sien. Die saal was byna vol, sê maar 90%. Tereg.]

©2e.Augustus2017.2017…c];o)|※※※※|c[:o(……..(10 Sep 2012)tje

 




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 134

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 79 gaste aanlyn