Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RESENSIE: Die film, KILL BILLY

Deur Toom
Datum gepubliseer: 31 Mei 2017 Aantal woorde: 737 81 Kere gelees 1

Resensie: Die film, KILL BILLY

Oor veertig jare het Harold Lunde [Sundquist] met sy vrou, Marny [Selius], ‘n lewenswerk opgebou: Die in Noorweë landwyd bekende Meubelhuis LUNDE, etwas vir elke smaak, en veral hoogste kwaliteit. En dan… en dan… en dan bou IKEA „die grootste tak ooit in Noorweë” op die aangrensende perseel. Binne ses maande is hy ruïneerd, platsak. Sy demente vrou het intussen gesterf. Wat nou? Hy besluit om homself om te bring.

[Kill Billy (dt.) / Her er Harold (norw., oorspr.) (= Hier is Harold); 2014; N/S; vanaf 6; R.: Gunnar Vikene met Bjørn Sundquist, Björn Granath, Fanny Ketter, Grethe Selius, Vidar Magnussen en andere; 88 min.] [Lw: Bjørn: Norweegs; Björn: Sweeds]

Die eerste probeerskoot loop skeef: Hy giet vloeibare meubelpolitoer oral in sy winkelruime uit en dan oor hom self maar as hy dit aansteek, spring die brand­blussers aan. Volkome mislukking; die res van sy winkel brand nie uit nie, maar word deur water beskadig. Hy besoek sy seun, Jan [Magnusson], met wie hy lank nie meer op beste voet is nie, en hulle maak skiet­oefeninge onder in sy huis se kelder totdat hulle deur sy woedende skoondogter uitgeskop word. En daar skiet hom ‘n briljante gedagte deur die kop: Hy gaan Ingvar Kamprad, die man wat Ikea gestig en opgebou het, ontvoer! Met die wegry, het hy nog altyd die oefenpistool in sy sak.

Na middernag ry hy oor die sweedse grens en trek oor op die padrand om bietjie te slaap. En daar word hy soggens ontdek deur Ebba [Ketter], wat haar alkoholiese ma in haar woonwa op die parkeerterrein besoek. Nadat hy haar van sy plan vertel het, bied sy aan om hom te wys waar Kamprad op Almhult woon. As hy egter terugkom om Kamprad te ontvoer, moet hy ontdek dat sy met hom gek geskeer het. Sy sê, Glo jy werklik dat hy eenvoudig so in jou arms gaan loop en sê, ,Hallo, ek’s Kamprad, kan jy my asseblief ontvoer?’ Of hoe?”

Teleurgesteld wil hy na Noorweë terugry en hou stil by ‘n Volvo langs die pad wat in ‘n sneeverwaaiing vassit. „Hallo, ek is Ingvar Kamprad. Kan jy my asseblief na Ikea bring?” Harold ontvoer hom, en eindelik kom hulle by die woonwa van Ebba se ma uit. Terwyl Ebba en Harold iets te ete wil besorg, ontsnap Kamprad en moet agternagesit word. Hy sit vas in ‘n gat in die ys op ‘n gevrore rvier; later moet Ebba altwee ou mans uit die water red. Sy en Harold wil Kamprad dwing om ‘n verklaring op video voor te lees waarin hy om verskoning vra vir al die gemors wat hy verkoop het; die verklaring wat hy voordra is egter suiwer selfloof oor alles wat hy gedoen en gemaak het, hoe goed hy sy werkers behandel ensovoort ensovoort. . . Aanskynend loop dit nie so goed met die ontvoering nie.

Nors is altwee ou mans. Beide is al oor die sewentig, Kamprad beweer dat hy van sy beste idees met vyf-en-sewentig gekry het.

Toe die film twee, drie jaar gelede aangekondig is, was daar spekulasie daaroor of dit ‘n dokumentêr film, ‘n kritiese reportage, gratis reklame . . . of wat? . . . sou wees. Dit was ook nie duidelik of Kamprad sélf daarin sou speel of nie. Hy het in elk geval níe ‘n rol gehad nie, maar ek verbeel my dat hy tog ‘n woordjie oor hoe sy naam gebruik word, te sê gehad het. Wat uitgekom het, is ‘n gawe klein komedie oor die rebellie van twee eensame ou sakemanne wat hulle geheel en al anders gedra as „normale” gysels en gyselnemers. Miskien gee dit ‘n aanduiding van hoeso ou mans so nors voorkom. Daartoe behoort die feit dat Kamprad teen die einde van die fliek in Harold se motor wegkruip. Ook hy beleef ‘n „sinkrise” en moet daaraan gehinder word om winkel af te brand.

En – natuurlik – vind iemand dat dit die „stryd” tussen Noorweë en Swede persifleer. Seker die geldigste rede om so ‘n film te maak, besonders vir gebore Noorweërs en Swede wat al die nuanses ken en verstaan en dus heerlik kan saamlag, terwyl die res van ons kopkrap oor waar die grap is.

Die ligte muse” sê mens vir so ‘n stukkie wat niemand wil dwing om te filosofeer nie, wat net op vermaak uit is.

Verdien goed en graag sy drie sterre.

©.31e.Mei2017………]:(…|☼☼☼|…(o;Þ………………………….tje




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 149
    Kommentaar telling: 148

    Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 88 gaste aanlyn

    Bydrae Totale