Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: FRANTZ, die film

FRANTZ, die film

„Ek wou vertel hoe leuens en geheimnisse in dramatiese tye soos oorlog mense kan help om te oorleef. Die leuen is ‘n metafoor vir ons behoefte en verlange na versinsel, na uitgedagte stories – en dus ook na films.” – François Ozon
Dis 1919, onmiddelik na die eerste wêreldoorlog in Quedlinburg in Middel-Duitsland. ‘n Jong vrou loop swart geklee deur die straatjies en paadjies van die „oustad” na die kerkhof om die graf van ‘n gesneuwelde te pleeg. Daar aangekom is sy verbaas wanneer sy sien dat ‘n struis wit rose alreeds daarop lê. Die oppasser meen dat dit waarskynlik die vreemdeling was, ‘n ellendige Fransman. Spuug!

[FRANTZ; 2016: Fr. / De; regie en draaiboek François Ozon, met Paula Beer, Pierre Niney, Ernst Stötzner, Marie Gruber e.a, vry na Ernst Lubitsch se The Man I killed.]

Dostojewski het sy roman Skuld en Versoening genoem. In hierdie verhaal gaan dit ook daarom dat iemand iemand anders gedood het en by die oorblewenes wil kom boetedoen, en ook daarom hoe moeilik dit is om die waarheid so prontuit uit te spreek. Eerstens is die Duitsers nog altyd verbitterd en vind geen goeie haar aan ‘n Fransman nie — veral nadat hulle verloor het.

Adrien (sê Adriaang) [Niney] bou ‘n hele fabelwêreld op om sy verhouding met Frantz in Parys in die vooroologsjare toe hulle saam sou studeer het. Frantz se ouers [Stötzner, Gruber] en verloofde Anna [Beer] kom stadigaan daartoe om hom te vergeef – dat hy ‘n Fransman is, dat hy ‘n Franse soldaat was, dat hy en sy soort ons seuns vermoor het. Dit dring tot hulle deur dat ons seuns ook hulle seuns vermoor het. En dat geeneen van die twee skuld het nie, want die ouere geslag op altwee kante het hulle kinders in die selfmoordakkers van Vlaandere ingestuur. Albei Anna en Adrien voel ‘n aantrekkingskrag tussen hulle. Daar kom ‘n punt en Adrien ruim sy lieggebou uit en ry terug na Frankryk . . .

Die ouers oorwin hul woed gouer as Anna wat nog ‘n lang stryd — insluitend selfmoorpoging — in haar binneste uitstry voor sy haar laat oorreed. Sy ry dan dog self na Parys om hom te soek. Op sy ma se landgoed ervaar sý mense (en ons in die bioskoopsaal) nog ‘n deel van die verhaal, ‘n deel van haar eie verhaal. In die tussentyd had hy hom met sy kindheidsvriendin verloof. Anna gaan terug na Parys vanwaar sy Frantz se ouers skryf dat sy en Adrien hulle tyd in Parys saam geniet . . .

Leuens, nie net in oorlogstyd nie.

Die storielyn is nie altyd maklik om te volg nie, maar dis dog meer of min gerade en nie vol sub-plots of newe-intriges nie. Dit wil niemand oortuig en dwing om sy mening te verander nie. Dis eerder ‘n suksesvolle versoek om iets te beskryf: Hoe mens alte maklik in die lug gryp en niks in die hand het nie, alte maklik ‘n witleuentjie loslaat en al hoe sterker moet verder lieg om die oorspronklike kleintjie te ondersteun. Dit vertel ook van versuimde geleenthede wat nie weer waargeneem kan word nie.

Hierdie verhaal is van die soort waarby mens sê, „So is mos die lewe.”

In die slottoneel besoek Anna ‘n kunsmuseum om Manet se skildery te sien: „Die selfmoordenaar”. Daar sit iemand reeds daarvoor en beskou die beeld. „Hou u ook van hierdie prent?” „Ja.” „Hoekom?” „Dit gee my weer lus om te lewe.”

Ons modernes het die begrip „post-traumatiese terapie” maar in vroeëre tye moes die soldate na die oorlog maar kyk hoe hulle teregkom. En jawel ook die teruggeblewe vrouens en meisies. As die film ‘n „boodskap” het, dan ongeveer so: „Laat die vingers weg van oorlog. . .” Hoeveel mense „in hoëre posisies” daarop gaan aggee is onbekend. Maar ek was diep beïndruik.

Ook van die gebruik van kleurfilters, sodat die „normale” vertel-tonele swart/wit getoon het (eintlik taamlik treurig met heelwat grys) en dan die vreugdevoller afsnitte in al hoe helder wordende kleur. Soms ‘n bietjie soos ‘n langsaam ontwikkelende glimlag op ‘n treurige gesig. Geleentlik ook vinnig, wat dan werk soos ‘n gordyn wat weggetrek word en die blik op ‘n vriendelik stralende landskap vrygee.

Vier sterre.

18e.Februarie2017……◄]:o(٤.☼☼☼☼.(o;╞………………………………tje




1 Kommentaar

  • Toom

    FRAN(T)Z: - Frantz, met ,T' in die middde, is nie die duitse form nie. Die storieverteller-regisseur is frans - 'n Fransman. Sý voornaam is Francois (sê fransoea). - Die franse ,C' ,S' en ,Z' is soos in Afrikaans, Nederlands en Engels by voorbeeld eerder sagte sissende klanke: Vir Franz sê hulle Fraangs of Frahz, of iets êrens daartussen. Daarby klink ,C' en ,Z' soos ,ts' In die duitse manier om dit te gebruik: Franz, sê frants. - Die franse regisseur wys sy landsgenote hoe om die Duitser se naam uit te spreek. Die duitse verbreiders/vertalers het dit so laatstaan om aan te dui dat dit 'n franse film is. - As 'n duitse regisseur 'n soortgelyke verhaal in Frankryk gehad het, sou hy dit Fransua kon noem het. - Vermoedelik, vermoedelik! GvT

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed