Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RESENSIE: FRANTZ, die film

Deur Toom
Datum gepubliseer: 5 Junie 2017 Aantal woorde: 707 180 Kere gelees 1

 FRANTZ, die film

Ek wou vertel hoe leuens en geheimnisse in dramatiese tye soos oorlog mense kan help om te oorleef. Die leuen is ‘n metafoor vir ons behoefte en verlange na versinsel, na uitgedagte stories – en dus ook na films.” – François Ozon

Dis 1919, onmiddelik na die eerste wêreldoorlog in Quedlinburg in Middel-Duitsland.  ‘n Jong vrou loop swart geklee deur die straatjies en paadjies van die „oustad” na die kerkhof om die graf van ‘n gesneuwelde te pleeg. Daar aangekom is sy verbaas wanneer sy sien dat ‘n struis wit rose alreeds daarop lê. Die oppasser meen dat dit waarskynlik die vreemdeling was, ‘n ellendige Fransman. Spuug!

[FRANTZ; 2016: Fr. / De; regie en draaiboek François Ozon, met Paula Beer, Pierre Niney, Ernst Stötzner, Marie Gruber e.a, vry na Ernst Lubitsch se The Man I killed.]

Dostojewski het sy roman Skuld en Versoening genoem. In hierdie verhaal gaan dit ook daarom dat iemand iemand anders gedood het en by die oorblewenes wil kom boetedoen, en ook daarom hoe moeilik dit is om die waarheid so prontuit uit te spreek. Eerstens is die Duitsers nog altyd verbitterd en vind geen goeie haar aan ‘n Fransman nie — veral nadat hulle verloor het.

Adrien (sê Adriaang) [Niney] bou ‘n hele fabelwêreld op om sy verhouding met Frantz in Parys in die vooroologsjare toe hulle saam sou studeer het. Frantz se ouers [Stötzner, Gruber] en verloofde Anna [Beer] kom stadigaan daartoe om hom te vergeef – dat hy ‘n Fransman is, dat hy ‘n Franse soldaat was, dat hy en sy soort ons seuns vermoor het. Dit dring tot hulle deur dat ons seuns ook hulle seuns vermoor het. En dat geeneen van die twee skuld het nie, want die ouere geslag op altwee kante het hulle kinders in die selfmoordakkers van Vlaandere ingestuur. Albei Anna en Adrien voel ‘n aantrekkingskrag tussen hulle. Daar kom ‘n punt en Adrien ruim sy lieggebou uit en ry terug na Frankryk . . .

Die ouers oorwin hul woed gouer as Anna wat nog ‘n lang stryd — insluitend selfmoorpoging — in haar binneste uitstry voor sy haar laat oorreed. Sy ry dan dog self na Parys om hom te soek. Op sy ma se landgoed ervaar mense (en ons in die bioskoopsaal) nog ‘n deel van die verhaal, ‘n deel van haar eie verhaal. In die tussentyd had hy hom met sy kindheidsvriendin verloof. Anna gaan terug na Parys vanwaar sy Frantz se ouers skryf dat sy en Adrien hulle tyd in Parys saam geniet . . .

Leuens, nie net in oorlogstyd nie.

Die storielyn is nie altyd maklik om te volg nie, maar dis dog meer of min gerade en nie vol sub-plots of newe-intriges nie. Dit wil niemand oortuig en dwing om sy mening te verander nie. Dis eerder ‘n suksesvolle versoek om iets te beskryf: Hoe mens alte maklik in die lug gryp en niks in die hand het nie, alte maklik ‘n witleuentjie loslaat en al hoe sterker moet verder lieg om die oorspronklike kleintjie te ondersteun. Dit vertel ook van versuimde geleenthede wat nie weer waargeneem kan word nie.

Hierdie verhaal is van die soort waarby mens sê, „So is mos die lewe.”

In die slottoneel besoek Anna ‘n kunsmuseum om Manet se skildery te sien: „Die selfmoordenaar”. Daar sit iemand reeds daarvoor en beskou die beeld. „Hou u ook van hierdie prent?” „Ja.” „Hoekom?” „Dit gee my weer lus om te lewe.”

Ons modernes het die begrip „post-traumatiese terapie” maar in vroeëre tye moes die soldate na die oorlog maar kyk hoe hulle teregkom. En jawel ook die teruggeblewe vrouens en meisies. As die film ‘n „boodskap” het, dan ongeveer so: „Laat die vingers weg van oorlog. . .” Hoeveel mense „in hoëre posisies” daarop gaan aggee is onbekend. Maar ek was diep beïndruik.

Ook van die gebruik van kleurfilters, sodat die „normale” vertel-tonele swart/wit getoon het (eintlik taamlik treurig met heelwat grys) en dan die vreugdevoller afsnitte in al hoe helder wordende kleur. Soms ‘n bietjie soos ‘n langsaam ontwikkelende glimlag op ‘n treurige gesig. Geleentlik ook vinnig, wat dan werk soos ‘n gordyn wat weggetrek word en die blik op ‘n vriendelik stralende landskap vrygee.

Vier sterre.

18e.Februarie2017……◄]:o(٤.☼☼☼☼.(o;╞………………………………tje




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Toom

      Toom

      Februarie 28, 2017

      FRAN(T)Z:
      – Frantz, met ,T’ in die middde, is nie die duitse form nie. Die storieverteller-regisseur is frans – ‘n Fransman. Sý voornaam is Francois (sê fransoea).
      – Die franse ,C’ ,S’ en ,Z’ is soos in Afrikaans, Nederlands en Engels by voorbeeld eerder sagte sissende klanke: Vir Franz sê hulle Fraangs of Frahz, of iets êrens daartussen.
      Daarby klink ,C’ en ,Z’ soos ,ts’ In die duitse manier om dit te gebruik: Franz, sê frants.
      – Die franse regisseur wys sy landsgenote hoe om die Duitser se naam uit te spreek. Die duitse verbreiders/vertalers het dit so laatstaan om aan te dui dat dit ‘n franse film is.
      – As ‘n duitse regisseur ‘n soortgelyke verhaal in Frankryk gehad het, sou hy dit Fransua kon noem het.
      – Vermoedelik, vermoedelik!
      GvT

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Toom

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 129
    Kommentaar telling: 130

    Dag-ook, alhoewel ek miskien 'n bietjie baie oor taalkwessies en filosofie mag redekawel, het ek NIE 'n graad of soiets in  taalkunde of wysbegeerte nie. Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, van biertjies op die stoep, dagblaaaie en vaktydskrifte en die gans normale daaglikse waansin. Sommiges het bly kleef. Weiniges.Sedert meer as veertig jare woon ek in Duitsland; het vrou, kinders, kinderssekinders, huis, hond gehad, katte ook, heimwee. Tweekeer het ek in hierdie tyd heimatverlof geniet.Eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies, stowwerige uitdrukswyse nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol.Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.- Oupa, nie alles wat lekker is, is soet nie. Proe maar hierdie klawerblad - dis mos lekkersuur, nè?So leer ons hopelik van mekaar. Groetnis vanToom

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 18 gaste aanlyn