Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Realiteit

Deur Ila
Datum gepubliseer: 12 Junie 2017 Aantal woorde: 109 93 Kere gelees 1

Is als wat ek voel steeds ‘n illusie,
Kinderlike en blindelikse ambisie?
Ek weet almal dink ek droom oor jou
en jou perfeksie
maar steeds is jy daar.
Jy stel my hart in gevaar.

Dalk is ek maar net ‘n dromer
in die winter wat smag na die somer,
Dalk is ek slegs ‘n psigopaat
wat in stilte bid vir ‘n maat.

Ek sien jou in alledaagse verkeer,
Al die gesigte lyk soos jy
Selfs in my drome sien ek
hoe jy my bevry.

My fantasie ontbind voor my oë
jy is bo als vertoë
Net jy .

God is ‘n kulkunstenaar
wat my lustigheid
met realiteit bewaar.

-I Kriel




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ila

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 22
    Kommentaar telling: 11

    "Kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oudedoos."

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 81 gaste aanlyn

    Bydrae Totale