Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: RAGAB –

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 12 Augustus 2017 Aantal woorde: 90 19 Kere gelees 2

RAGAB

Ragab
wie is sy
sy is die enigste
wat lewendig mag bly
waarom is die ontembare
die trotse een gespaar
sy met steekse strepe
in haar lokke ingevleg
sy is met slegs
een enkele rooi tou
mak gemaak
gehalter en getem
gehoorsaam aan
die Heer se sagte stem
die sondemuur
verbreek tot niks
en al wat oorbly
is net sy
totaal van alle
ongeregtigheid bevry
met vlegsels los
maanhare wat om haar blink
versluier soos ‘n bruid
trippel skewekop geneë
runnik sag haar liefde
vir haar Heer

© Barbara Smit – 11/08/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 88
    Kommentaar telling: 41

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 19 gaste aanlyn