Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Pseudes Onoma

Deur Epimetheus
Datum gepubliseer: 11 Julie 2017 Aantal woorde: 85 33 Kere gelees 2

Die lug was leeg en woes
en koud
die kerk was nuut
en apostolies in die skemer
en jou voete
was onapologeties
aggresief afwesig
vanaf my dashboard
toe ek wegry

Die sterre lei my Ooswaarts
en Antares klop rooi
in die hart
my geleedpotige kompas
my leegwordende hand
op die rand
van die passasiersitplek
vanaand is dit ek
en die stippellyn
voor my

Daar is antwoorde
in die nat sand begrawe
Die son kom op
in stede
Ek is myself
Ek is myself dit verskuldig




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. profiel foto van Anze

      Anze

      Julie 11, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek

    2. profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

      Ronel Janse van Vuuren

      Julie 17, 2017

      Pragtig 🙂

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Epimetheus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 31
    Kommentaar telling: 4

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 42 gaste aanlyn