Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Professor Snerp (‘n epiese gedig)

Deur Roeline
Datum gepubliseer: 31 Julie 2017 Aantal woorde: 327 34 Kere gelees 1

‘n halfbloed towenaar
gebore op 9 Januarie 1960
vaal seun van Tobias en Eileen Snerp
grootgeword in ’n Moggelwêreld
Spinner se eind is die dorp se naam
bly naby Moggels Evans familie
sy enigste ware liefde is modderbloed Lily Evans
verbode vrugte in die towerwêreld

op 1979 in huis Slytherin gedeel
by Hogwarts Skool vir Heksery en Towerkuns
‘n plek waar towenaars en hekse
towerspel en dissipline leer
sy is in huis Gryffindor
saam met arrogant James Potter
geboelie en uitgetart
meng homself saam met die egbloed status
sy band met Lily het geskeur
sy het hom nie meer lief
word ‘n doodeter na skool
is Heer Woldemort se lojale dienaar
in vroeër 1980 luister hy skelmpies af
‘n jong Sybill Trelaweney verkondig
haar eerste ware profesie
aan die einde van Julie
sal ‘n seuntjie die matige Donker Heer vernietig
o wee, professor Snerp!

sy Lily is dood
haar seuntjie leef
(die seun wat leef)
sy hart is geskeur
stukkend en koud
skuif sy lojale posisie
na Die Orde van die Feniks
word ‘n getroue professor Dompeldorius dienaar
neem sy grootse besluit in sy lewe
beskerm Lily se seun teen Woldemort se moordlus
want Woldemort is nie dood nie
net verswak

as ’n doepa professor
tree Harry Potter in 1991
in sy snedige lewe
almal glo hy is aan Woldemort se kant
as ’n dubbelagent
koud en kil soos ‘n lem
toor hy professor Dompeldorius dood
om die studente van skool te beskerm
voor die bose invaar
om Harry te help
horkrukse te jag
nadat Woldemort se kragte herwin het

oorlog van Hogwarts breek uit
sy grootse stryd
sy grootse gevaar
staan voor hom
alleen en ontwapen
sweet loop langs sy wang af
Woldemort kan Harry doodmaak
met die matige towerstaf
dink Snerp is die eienaar
van Ouer Towerstaf
Snerp se mond is toegesnoer
dood gepik deur sy heer se slang

in sy hoop
in sy liefde
vir Lily
het hy Harry beskerm
na al hierdie tyd
altyd

© Roeline




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Roeline

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 42
    Kommentaar telling: 14

    Ek is 23 jaar oud. Swot my Magister by Stellenbosch universiteit. Is besig met my finale jaar.Skryf, teken, skilder, sport en foto's neem is my passie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 83 gaste aanlyn

    Bydrae Totale