Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Pers Vonkies

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 10 Oktober 2017 Aantal woorde: 141 10 Kere gelees 2

‘Jy kan dit nié aan boord bring nié!’

Jess kyk bekommerd rond voordat sy in die man se oë staar: ‘Ek kán dit aan boord bring.’

‘Nee, jy kan nie,’ sê die matroos met ‘n vinnige skud van sy kop.

Sy sug saggies en kyk weer rond om seker te maak dat hulle steeds alleen is.

Jess slaan hom met haar vuis in die gesig en hy val op die grond, uit soos ‘n kers.

‘Sien, Sophie, natúúrlik kan ek jou aan boord bring,’ sê sy vir die klein drakie wat agter haar aanloop. ‘Buitendien, hierdie skip is so vuurbestand as wat hulle kom.’

Sy grynslag soos pers vonkies van die drakie se snoet vlieg. Oppad na hul kajuit loop die twee van hulle onder ‘n banier deur wat hekse en hul makkers na die Jaarlikse Heksery Plesiervaart verwelkom.
##




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Ronel Janse van Vuuren

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 52
    Kommentaar telling: 241

    Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar.My wêreld draai om my twee Rottweiler seuns – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my blog https://ronelthemythmaker.wordpress.com/.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 51 gaste aanlyn