Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Perfekte legkaart

Deur Andri
Datum gepubliseer: 20 Junie 2017 Aantal woorde: 157 88 Kere gelees 4

Perfekte legkaart
Vir ouma “Ally”
(Ek kon nooit as kind sê ouma Ellie nie. En toe bly jy my ouma Ally)

Jy is deel van
Die legkaartstukke van my hart
Elke een het
‘n doel en ‘n bestaan
Jy was my geliefde ouma
En jy sal altyd
Die hoekie wees
Van wat bly
My perfekte lewenslegkaart

Al het jy
Ook nou gegaan
In my hart sal jy
Tot in ewigheid toe bly
Sonder wat jy bygedra het
Tot my hart en siel
Sal my legkaart onvolmaak wees
Minder die soet

Nooit sal ‘n persoon
Legkaartstukke kan verloor
Want die legkaart
Wat God vir ons kies
Ons vriende en familie
Kom in vol sirkel
Wanneer dit eindig
En die legkaart
Word nou legkaarte
Vol legkaartstukkies
Wat die gaping
In ons harte
Van jy ouma wat geneem is
Deur die tol
Van hierdie aardse lewe
Dankie my ouma
Vir vervulling van die legkaart
Van ons harte
En ons lewens




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Andri

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 6
    Kommentaar telling: 0

    Ek is 'n gekwalifiseerde 36 jarige kleuter onderwyseres wat ook naskool onderwys doen, met baie ondervinding.  Ek het 'n blad Teach Your Kid op Facebook begin en wil graag my kennis van kinders inkorporeer met my skryf.  Ek skryf graag kinderstories en artikels wat nuttig is vir ouers en onderwysers.  Ek skryf ook gedigte, waaronder geestelik, gewoon en vir kinders.  Hoop ek kan hier 'n verskil maak 🙂

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 96 gaste aanlyn

    Bydrae Totale