Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: PAPPA IN MY DROOM

Deur GeorgieSmith
Datum gepubliseer: 25 Maart 2017 Aantal woorde: 98 84 Kere gelees 3

Jou knobbel hande,
vou veilig om myne,
jou arm by my ingehak,
loop ons, onverpoos,
deur die skare,
en jy bid asof jy nog nooit bang was.

Dit was jou bid,
jou opkyk na bo,
wat maak dat ek vandag
nog probeer glo.

Wanneer jy met jou God praat,
het jy dit gedoen asof jy mag,
sonder skuld of skaamte,
sonder smeek,
het jy gebid, met nederige glo,
dat jy mag staan in die teenwoordigheid.

Wanneer jy in my droom inloop,
wil ek alles verkoop,
niks agter laat,
net aanstap saam met jou,
tot waar my hartsteer ophou.




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. profiel foto van Elroux

      Elroux

      Maart 26, 2017

      Lieflike gedig van nostalgie.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van GeorgieSmith

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 13
    Kommentaar telling: 0

    Net 'n woord smous wat dag vir dag in gedigte leef met die hoop dat die son nooit sal ophou skyn nie.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 112 gaste aanlyn

    Bydrae Totale