Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oupa

Deur Elroux
Datum gepubliseer: 15 Maart 2017 Aantal woorde: 77 115 Kere gelees 1

vooroor geboë
Bybel bytel in jou hand
psalms padkaart in jou hart
laat jy jou weg aan die Here oor
al het jy nie gesien
het jy bly glo
deur jare se swaarkry
God geëer
liefde
wysheid
geduld
in jou oë
het my geleer
laat my kinderlik aan Jesus glo
wil ek op Sy pad bly
maar het nie verstaan
nie geweet
ek het die smal weg gekies
wat op die rand van die afgrond loop




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Elroux

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 137
    Kommentaar telling: 71

    'n Pretorianer van geboorte tot nou. Ek was 'n navorser en het die lewe van alle kante gesien en beleef. Ek is geseën met vier lieflike kinders en 'n wonderlike man. Op 68 jaar is ek in my herfstyd waar ek elke dag binne die genade van die Here leef. Om te dig gee betekenis aan my lewe en ek hoop dat my skrywes iets vir ander mense kan beteken.

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 62 gaste aanlyn