Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oud word…

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 26 Julie 2017 Aantal woorde: 102 13 Kere gelees 2

DIE SEL
Die mure sluit jou af van
Die werklikheid…
Hier sit jy met ‘n naamlose
Eensaamheid.
Hier tussen die grys
Mure van jou sel – KOUE sel!

Jy moet aanneem dat jy
Jou lewe gelewe het,
Om ‘n plekkie in ‘n
Ouetehuis te koop of
Miskien nog deur jou kinders
Se harde werk gekoop…

Jy het nog net ‘n vorm ingevul
Om te hoor van betaal…
Toe word jy siekerig en sommer
So forseer vir : aanbly…
Nie eens die reg om te weet
Jy is menswaardig en kan betaal…

“HERE, maak my laaste dae lig,
Andere het dit donker gemaak.”
© Marlene Erasmus
16/07/2016




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Marlene Erasmus

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 10
    Kommentaar telling: 0

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 82 gaste aanlyn