Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oranje

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 13 Maart 2017 Aantal woorde: 64 125 Kere gelees 1

Oranje

Saam gekronkel
in die stroom
se kibbel-kabbel pad
wat soms my droom
oor afgrond stort
red en raap
die oorblyfsels
las en plak tot ander
met opdrifsels
en soos die water pad
my verder vat
haarnaald my lewe
terug na jou
om saam te sien
hoe als verdroog
en ons soos almal maar
in die koue water
van die oseaan verdwyn.

© Barbara Smit – 8/3/2017




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR
    profiel foto van Barbara

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 91
    Kommentaar telling: 44

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 72 gaste aanlyn